Gewonde Eagles en Nederland soek seges

Afrigter Pierre de Bruyn sê die wekroep wat Sri Lanka toegedien het, moet as goeie nuus verwelkom word.
Tielman van Lill
Tielman van Lill – Die Eagles-kolwers se vertoning is vandag in die kollig teen Nederland – met beide spanne wat vir oorlewing veg in die 2021 T20 Wêreldbeker in Abu Dhabi in die Ver­enigde Emirate (vanaf 12:00, regstreeks op SuperSport).

Nadat Nederland vroeër ook 'n bloedneus teen Ierland gekry het, het die Namibiërs Maandagaand in hul openingswedstryd ooglopend teen die spoed van Sri Lanka se snelaanval gesukkel.

Veral Chamika Kurunaratne (1/17) en Dushmantha Chameera (1/19) het gereeld balle van 145 kilometer per uur en vinniger afgestuur wat die Namibiërs laat bontstaan het.

Zane Green, die aanvangskolwer, is twee keer deur blitsballe teen die kolfhelm raakgeboul.

Ná die nederlaag met sewe paaltjies, waarin Namibië met 96 lopies almal uit nie naastenby die gewenste druk kon toepas nie, het hoofafrigter Pierre de Bruyn aan Republikein gesê: “Die uitslag was nie ideaal nie. Niemand hou daarvan om so te verloor nie.

“Maar ons kyk eerder na die positiewe. Ons het teen 'n toetsland gespeel wat ons in vele opsigte 'n krieketles geleer het.

“Sri Lanka het ons gewys waar die standaard werklik is. Dalk het ons onder 'n wanindruk verkeer, want ons speel baie selde teen die internasionale topspanne, so ons spelers weet nie wat die standaard is nie.

“Die Eagles het nou hierdie ervaring geproe, wat absoluut fantasties is. Dit was die ideale geleentheid om ons hele mentaliteit te verander. Dis goed om 'n slag stil te staan en te besef wat van jou as speler vereis word.

“Ons ontwikkel nie vinnig genoeg nie. As dít is waar wêreldkrieket is, gaan ons vinnig agter raak. Die toetslande ontwikkel teen 'n spoed en het groter getalle spelers, meer fasiliteite, meer kundigheid en meer geld tot hul beskikking.

“Dit was steeds 'n baie goeie leerskool vir ons. Sri Lanka se boulers was eenvoudig wêreldklas. Met tye het ons goed teruggeveg. Op 70/2 ná 12 boulbeurte het ons 'n realistiese hoop gehad om 140 te kry.

“Die kragspel (eerste ses boulbeurte) het ons gewen – 30/2 teen 30/3. So daar is positiewe punte om na te kyk. Die Eagles het ons taaiste wedstryd eerste gehad en ons het gesien wat gedoen moet word en ons sal dit teen Nederland moet inspan.

“Die ervaring wat die spelers opgedoen het, is van onskatbare ware. Ons kolwers het nie antwoorde teen die blitsige boulers en hul wipballe gehad nie, want hulle het nog nooit tevore dié gehalte boulwerk getrotseer nie.

“Ons sou graag beter wou gevaar het en ons is inderdaad 'n beter span as wat Maandag se vertoning wys. Die spelers voel seer, maar teen Nederland sal ons opstaan. Hierdie Eagles het karakter en veggees. As hulle teen die grond is, het hulle nog altyd saam opgestaan en terugbaklei.

“Die spelers sal teen Nederland met hul lewens veg, hulle het dit al baie gedoen en bewys. Ons benadering sal wees om by die wedstrydplan te bly en nie weer te vries nie.

“Ons weet ons is goed genoeg om Nederland te klop; ons weet dit. Ons sien uit na Nederland en Ierland (Vrydag). Ons moet beide wedstryde wen – so eenvoudig soos dit.”

Gerhard Erasmus, die spankaptein, sê: “Dit was 'n goeie ondervinding om ons teen Sri Lanka te weeg. Hul boulers was eenvoudig fenomenaal en ons het ongelukkig nie in ons doel geslaag nie.

“Nederland sal opnuut 'n taai teenstander met 'n goeie boulaanval wees, maar ons sien uit na beide botsings, teen hulle en die Iere.

“Die toestande in Abu Dhabi was nie veel anders as waaraan ons gewoond is nie. Hul boulers het die verskil gemaak. Ons het wel nie geweet hoe die kolfblad gaan speel nie.

“Tradisioneel is die Abu Dhabi-veld een waarop lopies aangeteken word, maar ons het gesien hoe Sri Lanka óók in die eerste ses boulbeurte gesukkel het om lopies te kry.”

“Met die dou het dit later moeilik geraak om die bal behoorlik vas te hou en die blad het sy streke laat staan wat dit vir hulle makliker gemaak het om lopies te slaan.”

– [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio European Championships Qualifying: Leicester City 2 vs 1 West Bromwich Albion English Championship: Leicester City 2 vs 1 West Bromwich Albion Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!