Gewilde Grey’s-karakter groet ná 15 jaar

Lloyd Zandberg
Ná 15 jaar se traumatiese ervaringe waarvan talle karakters doodgegaan het, daar ’n skietery in die hospitaal was, ’n vliegtuig geval het en ’n bom in die hospitaal ontplof het, het een van die gewildste karakters in Grey’s Anatomy besluit om sy stetoskoop weg te pak.

Justin Chambers wat die rol van dr. Alex Karev vertolk sedert Grey’s Anatomy in 2005 begin het, is reeds uit dié gewilde reeks – sonder dat kykers van dié stap bewus was.

Chambers was een van die oorspronklike dokters wat as intern by die tóé Seattle Grace Hospital begin het.

Dié hospitaal se naam het later in die reeks na Grey Sloan Memorial Hospital verander nadat die gewilde karakters Lexie Grey en Mark ‘McSteamy’ Sloan in ’n vliegtuigongeluk dood is.

Sosialemediaplatforms het sedert die naweek gegons nadat die nuus bekend geword het dat dr. Alex Karev Grey’s Anatomy reeds gegroet het.

“Hulle is die enigste twee wat oorgebly het. Ons kan nie vir Alex Karev verloor nie,” het ’n Twitter-gebruiker geskryf en vier foto’s van Alex en sy medester Ellen Pompeo, wat die rol van dr. Meredith Grey vertolk, gedeel.

Van die vyf interndokters wat 15 jaar gelede die reeks saam begin het, het net Chambers en Pompeo se karakters vir só lank uitgehou.

Hul medesterre, Katherine Heigl (Izzie Stevens), Sandra Oh (Cristina Yang) en T.R. Knight (George O’Malley) het reeds onderskeidelik in seisoen ses, seisoen 10 en seisoen vyf die reeks verlaat.

Deadline berig Chambers het aan hulle bevestig dat hy die reeks verlaat.

“Daar is nie ’n goeie tyd om tot siens te sê aan ’n reeks en karakter wat so baie van my lewe die afgelope 15 jaar gedefinieer het nie. Ek hoop nou al vir ’n tydjie om bietjie my akteursrolle en loopbaan uit te brei. Noudat ek 50 word en met ’n ondersteunende vrou en kinders geseën is, is dit nou die tyd,” sê Chambers in ’n verklaring.

Chambers het ook vir Shonda Rhimes, die skepper van die Grey’s Anatomy-reeks, bedank.

Hy het ook vir Ellen Pompeo, Chandra Wilson en James Pickens bedank.

Wilson en Pickens is ook sedert die eerste episode van Grey’s Anatomy in die reeks, waar hulle onderskeidelik die jong dokters as dr. Miranda Bailey en dr. Richard Webber opgelei en gebrei het.

Pompeo het ook die nuus van Chambers wat Grey’s Anatomy verlaat, op Twitter gedeel nadat Vanity Fair ’n artikel oor Chambers geskryf het.

Sy het met dié artikel ingestem dat Grey’s Anatomy ’n groot karakter verloor het.

Chambers se laaste episode was reeds in Amerika uitgesaai, maar Suid-Afrikaanse gehore sal Maandagaande moet byhou met die dokters se doen en late om te sien wanneer die karakter skielik net verdwyn. - Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 18km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 18km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!