Gewilde blad vir roofkykers kry ook koors
Gewilde blad vir roofkykers kry ook koors

Gewilde blad vir roofkykers kry ook koors

Dié webblad ontvang daagliks miljoene besoekers en is al langer as twee dekades aan die gang.
Petrus Malherbe – The Pirate Bay, ’n gewilde webblad vir roofkykers, is skynbaar ook platgetrek deur ’n lelike virus

Dié webblad, wat daagliks miljoene besoekers ontvang, is al langer as twee dekades aan die gang.

The Pirate Bay word deur roofkykers oor die wêreld heen gebruik om sogenaamde torrents van flieks, televisiereekse en rekenaarspeletjies af te laai.

Dit is nie duidelik waarom The Pirate Bay sedert Vrydag van lyn af is nie. Die webblad was al telkens in die moeilikheid by wetstoepassers omdat dit willens en wetens inhoud met kopiereg onwettig versprei.

Daar is geen aanduiding dat dit deur wetstoepassers gesluit is nie. Die webblad vertoon ’n foutboodskap wat sê “connection timed out”.

‘Contagion’ nou weer baie gewild

Met die koronavirus wat almal op hol het, stel roofkykers ook weer belang in ’n betreklike ou fliek wat in 2011 uitgereik is.

In Contagion, met Matt Damon en Kate Winslet in die rolverdeling, versprei ’n fiktiewe virus wêreldwyd en lei tot die dood van miljoene mense.

Die fiktiewe MEV-1-virus toon nie veel ooreenkomste met die huidige koronavirus wat reeds meer as 100 000 mense besmet het nie.

Nietemin sorg dit nou vir ’n nuutgevonde belangstelling in dié fliek.

Ook op Google Trends kan gesien word hoe belangstelling in die soekterm “Contagion movie” sedert einde Januarie skerp toegeneem het.

Buzzfeed het onlangs berig dat Contagion byna oornag weer op die lys van Warner Bros., die rolprent se vervaardiger, se lys van die gewildste flieks verskyn het.

In Desember was dit 270ste op Warner Bros. se lys van flieks wat die meeste gekoop en of gestroom is, maar teen Maart vanjaar reeds weer die tweede gewildste.

Ook op Apple se iTunes het Contagion die gewildheidsleer geklim en was dit verlede week die fliek wat die tiende meeste afgelaai is op dié platform.

Volgens TorrentFreak is die meeste van die roofkykers wat Contagion in die laaste paar dae onwettig afgelaai het, van Suid-Korea, een van die lande wat swaar deur die koronavirus getref is. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!