Geweldenaars, wanbetalers gaan boet
Geweldenaars, wanbetalers gaan boet

Geweldenaars, wanbetalers gaan boet

Ouers wat nie hul wetlike verantwoordelikhede teenoor hul kinders nakom nie, en geweldenaars skaats op gladde ys.
Denver Kisting
Denver Kisting



Nuwe wette is op die Nasionale Vergadering (NV) se tafel om beter af te reken met ouers wat nie hul minderjarige kinders onderhou nie en met oortreders van geslagsgegronde geweld.

Die minister van justisie, mnr. Sacky Shanghala, sê die onlangse toename in grusame en gewelddadige misdade teen vroue en kinders het die ministerie genoop om dringend na bestaande wetgewing te kyk.

Volgens hom is daar 'n behoefte om die wette, wat geslagsgegronde en gewelddadige oortredings moet bestry, te hersien en by te werk.

“Geslagsgegronde geweld is nie 'n probleem wat net by die voete van een liggaam gelê kan word nie. Geweld teen vroue en kinders raak ons almal en ons is verantwoordelik om dit te verhoed,” het Shanghala Donderdagmiddag in die NV gesê.

Wat onderhoud betref, het die onderhoudwysigingswetsontwerp ten doel om hofprosesse vir die invordering van agterstallige onderhoudgeld meer vaartbelyn te maak, lui die inleiding tot dié dokument.

Dit hou spesifiek verband met klarigheid oor die plig om onderhoud te betaal, bystand aan minderjariges om aansoek te doen om onderhoud, duidelikheid en vereenvoudiging van die proses-se rondom beslissings, dagvaardings en navrae.

Shanghala het 'n beroep op die publiek gedoen om hul insette oor die voorgenome wette te lewer.

Al die voorgenome wette is tans op die webwerf van die ministerie van justisie beskikbaar.

Omdat die wetgewing ten doel het om Namibiese burgers te beskerm, moet dit toeganklik en gebruikersvriendelik wees, het hy gesê.

Naas die een oor onderhoud en die een oor huishoudelike geweld word wysigings ook beplan aan die huidige teenverkragtingswet, het Shanghala aangekondig.

Met betrekking tot die voorgenome wysigings aan die wet wat verkragtings moet bekamp, het die minister gesê die minimumvonnis sal hiervolgens ook van toepassing wees op pogings tot verkragting.

Eweneens sal staatsaanklaers kragtens die voorgenome wysigings méér moeite moet doen met weerlose klaers voor die begin van 'n verhoor om te verseker hulle word nie geïntimideer nie, sê hy.

Kinders, wat by giftige verhoudings ingesleep word, sal voortaan ook mag getuig en hul getuienis sal dieselfde gedwig dra as dié van volwassenes, het Shanghala gesê.

Die vereistes rondom die verkryging van 'n beskermingsbevel sal na verwagting vereenvoudig word om die rompslomp aan te spreek.

Voortaan sal die wet ook voorsiening daarvoor maak dat klaers eiendom mag bekom en vir ­oortreders om berading te ontvang.

Shanghala het voorts gesê hulle besef wanbetalers van kinderonderhoud lei dikwels 'n uitspattige leefstyl ondanks die feit dat hulle agterstallig met onderhoud is.

Derhalwe maak die beplande wet daarvoor voorsiening dat 'n hof sal mag gelas onderhoud mag direk van die salaris van die oortreder verhaal word.

Tot die agterstallige onderhoud vereffen is, sal wanbetalers kragtens die nuwe beplande wet ook nie met die regering besigheid mag doen nie.

'n Enkelma van Windhoek, wat wel onderhoud ontvang, hoewel dikwels drupsgewys en weke laat, glo pa's wat nie onderhoud betaal nie, en wat hulle nie wil verbind tot die gereelde, tydige betaling daarvan nie, moet nie toegelaat word om enigsins skuld te maak alvorens hul onderhoudsverpligtinge nagekom is nie.

Dus behoort so 'n pa nie by 'n winkel te kan instap en byvoorbeeld 'n TV op skuld te kan koop nie.

'n Baie goed bestuurde lys van onderhoudswanbetalers moet geredelik aan die publiek beskikbaar gestel word, sê sy.

Kommentaar

Republikein 2024-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Currency: GBP to NAD 23.72 | EUR to NAD 20.38 | CNY to NAD 2.64 | USD to NAD 19.11 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 133.86 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.88 | USD to EGP 48.28 | USD to KES 132.98 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.1 | USD to ZMW 25.65 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73271.44 Up +0.38% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1531.99 Up +0.70% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13455.65 Up +0.53% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28332.65 Down -4.5% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 390.13/OZ UP +0.43% | Copper US$ 4.49/lb UP +1.59% | Zinc US$ 2 867.90/T UP 1.63% | Brent Crude Oil US$ 87.63/BBP UP +0.53% | Platinum US$ 929.57/OZ DOWN -0.0071 Sport results: European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Weather: Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.72 | EUR to NAD 20.38 | CNY to NAD 2.64 | USD to NAD 19.11 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 133.86 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.88 | USD to EGP 48.28 | USD to KES 132.98 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.1 | USD to ZMW 25.65 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73271.44 Up +0.38% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1531.99 Up +0.70% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13455.65 Up +0.53% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28332.65 Down -4.5% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 390.13/OZ UP +0.43% | Copper US$ 4.49/lb UP +1.59% | Zinc US$ 2 867.90/T UP 1.63% | Brent Crude Oil US$ 87.63/BBP UP +0.53% | Platinum US$ 929.57/OZ DOWN -0.0071