Geweldenaars op vrye voet

21 September 2020 | Misdaad
Denver Kisting – Teen gistermiddag was die man steeds op vrye voet wat glo Saterdagoggend by 'n huis in Havana ingebreek en 'n vrou ten aanskoue van haar kêrel verkrag het.

Dié ongeïdentifiseerde man het 'n balaklawa oor sy kop gehad.

Twee mans, wat vroeg verlede week in dieselfde woonbuurt aan die buitewyke van Windhoek 'n 12-jarige meisie ten aanskoue van haar ma en sussie (agt) verkrag het, was ook teen gister nog nie agter tralies nie.

Dié tweetal het ook met balaklawas opgehad.

Adj.komm. Kauna Shikwambi, die nasionale polisiewoordvoerder, het Saterdag gesê 'n onbekende verdagte het in die nuutste voorval omstreeks 01:00 Saterdag by 'n sinkhuis in Havana ingebreek waar 'n paartjie aan die slaap was.

Die gewapende man het toe die vrou (22) beveel “om haar bene oop te maak” sodat hy haar kon verkrag.

Hy het haar toe ten aanskoue van haar kêrel (34) seksueel aangerand, het Shikwambi gesê.

Die verdagte het toe volgens die woordvoerder met 'n selfoon op die vlug geslaan.

Buite die sinkhuis het hy die vrou se broer aangetref wat in die aangrensende huisie woon en hom na langsaan gehaas het toe hy sy suster hoor gil het.

Die verdagte het toe op die 29-jarige broer en buurman losgebrand en hom noodlottig gewond.

'n Familielid het gister by die huis waar die tragedie afgespeel het, gesê die oorledene het op die toneel beswyk toe hy die verdagte wou agternasit.

Enigiemand met inligting oor die nuutste voorval óf die een verlede week, word versoek om met adj.komm. Abner Agas, die koördineerder van misdaadondersoeke in die Khomasstreek, by 081 124 2649 in verbinding te tree.

[email protected]

Soortgelyk

 

Covid-19: Aankondiging kom oor pad vorentoe

1 uur gelede | Gesondheid

Die minister van gesondheid en maatskaplike dienste, dr. Kalumbi Shangula, sê pres. Hage Geingob sal vandeesweek ’n aankondiging maak oor die regering se voortgesette hantering...

Geingob onder skoot oor ‘wit’ opmerkings

13 ure gelede | Politiek

Denver Kisting – Die leier van die amptelike opposisie, mnr. McHenry Venaani, sê wat pres. Hage Geingob die afgelope naweek oor wit mense kwytgeraak het,...

Verskeie daaglikse vlugte binnekort na SA

13 ure gelede | Vervoer

Ronelle Rademeyer – FlyWestair en Airlink, die private Namibiese en Suid-Afrikaanse rederye, het tot reisigers se redding gekom en gaan die leemte aan direkte, geskeduleerde...

Skone Lira bemark Namibië

13 ure gelede | Toerisme

Die Suid-Afrikaanse sangeres Lira, wat die inperking in Namibië deurgebring en uitgebreide verkenningsreise in die land onderneem het, is deur die Federasie van Namibiese Toerismeverenigings...

Weer vir 19 Oktober

13 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en bloedig warm in die Ooste. Elders sal die sonnig wees en baie warm tot bloedig wees. KUS: Gedeeltelik bewolk en koel...

Verdagte panga-rowers in hegtenis

13 ure gelede | Misdaad

Kristien KrugerVolgens ’n Namibiese polisieverslag is sewe mans in hegtenis geneem in verband met ’n aantal gewapende rooftogte in Windhoek.Die mans het hulself glo die...

Massavrekte van robwelpies ondersoek

13 ure gelede | Omgewing

Elvira Hattingh – ’n Ondersoekspan het begin om ongewone vrektes onder Kaapse pelsrobbe te ondersoek nadat klaarblyklik duisende wyfies vanjaar hul welpies teen die Namibiese...

Vier ton vis by Swakoppoort gekonfiskeer

13 ure gelede | Misdaad

Ronelle Rademeyer en Kristien Kruger – Sowat vier ton gedroogte vis en groot hoeveelhede visnettte en vislyn, asook die vlotte wat gebruik is om dit...

Stigma rondom Covid-19 neem af

13 ure gelede | Gesondheid

Jana-Mari Smith – Die normalisering van Covid-19 die afgelope jaar het veroorsaak dat stigmatisering weens die coronavirus besig is om af te neem, maar kenners...