Geweld vir baie tieners ’n gegewe

Gebaseer op data van 30 lande word ses uit 10 kinders tussen 12 en 23 maande aan gewelddadige dissiplinering onderwerp.
Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht – Net 60 lande in die wêreld het wetgewing aanvaar wat die gebruik van lyfstraf tuis verbied. Dit laat meer as 600 miljoen kinders onder vyf jaar sonder volle wettige beskerming.

A Familiar Face: Violence in the lives of children and adolescents fokus op vier vorms van geweld teen kinders: gewelddadige dissipline en blootstelling aan huishoudelike geweld in hul vroeë kinderjare, geweld by skole, gewelddadige sterftes onder tieners en seksuele geweld in kinder- en tienerjare.

Volgens die jongste verslag van die Verenigde Nasies se kinderfonds (Unicef) ervaar byna 300 miljoen, of een uit elke drie kinders tussen die ouderdomme van twee en vier jaar, op ’n gereelde basis gewelddadige dissipline van hul versorgers.

Ses uit 10 (250 miljoen) word fisiek gestraf, met een uit elke vier kinders (176 miljoen) onder die ouderdom van vyf jaar wat by ’n ma bly wat ’n slagoffer van geweld aan die hand van haar kêrel of man is.

Gebaseer op data van 30 lande word ses uit 10 kinders tussen 12 en 23 maande aan gewelddadige dissiplinêre metodes onderwerp. Byna die helfte van dié groep ervaar fisieke straf, terwyl dieselfde persentasie aan verbale mishandeling onderwerp word.

Sowat 1,1 miljard versorgers sê volgens die verslag lyfstraf is nodig om kinders “ordentlik” groot te maak en te onderrig.

Geweld by skole

Een uit drie kinders (130 miljoen) tussen die ouderdomme van 13 en 15 word geboelie, met een uit twee (732 miljoen) skoolgaande kinders tussen ses en 17 jaar wat in lande bly waar lyfstraf nie ten volle verbied word nie. Drie uit 10 tieners (17 miljoen) in 39 lande in Europa en Noord-Amerika erken húlle is die boelies. Die afgelope 25 jaar het 59 skietvoorvalle by 14 skole voorgekom, met byna drie uit vier van dié voorvalle wat in Amerika plaasgevind het. Byna 500 aanvalle of dreigemente teen skole is verlede jaar in 18 lande of gebiede dwarsoor die wêreld aangeteken.

Gewelddadige sterftes onder tieners

Elke sewe minute sterf ’n tiener dwarsoor die wêreld aan die hand van geweld. In 2015 alleen het geweld tot die dood van 82 000 tieners gelei. Veral dié tussen 15 en 19 is weerloos en drie keer meer geneig om gewelddadig te sterf teenoor jonger tieners van 10 tot 14 jaar. Terwyl net 6% van die wêreld se tieners in die Midde-Ooste en Noord-Amerika bly, is meer as 70% van tieners wat in 2015 dood is, in dié streke woonagtig.

Sou alle tieners dieselfde risiko loop as gevolg van kollektiewe geweld as dié in die Siriese Arabiese Republiek, sou daar elke 10 sekondes ’n tienersterfte in die wêreld wees.

Meer tienersterftes is die gevolg van interpersoonlike eerder as kollektiewe geweld. In 2015 was byna twee uit drie die slagoffers van moord, terwyl die res aan die hand van konflik gesterf het.

Latyns-Amerika en die Karibiese eilande is die enigste streek wat sedert 2007 ’n styging in moordsyfers onder tieners van 10 tot 19 jaar toon. Byna 10% van die wêreld se tieners woon in dié streek, maar byna die helfte van alle moorde onder tieners het in 2015 hier plaasgevind. Die vyf lande met die hoogste moordsyfers onder tieners is almal in Latyns-Amerika geleë.

In Amerika is die moordkoers onder nie-Spaanse swart seuns van 10 tot 19 jaar 19 keer hoër as onder nie-Spaanse wit tienerseuns. Sou die moordkoers onder nie-Spaanse swart tienerseuns landswyd toegepas word, sal Amerika een van die top-10 dodelikste lande in die wêreld wees.

In 2015 was die risiko vir nie-Spaanse swart tienerseuns in Amerika om vermoor te word hoër as die risiko vir tienerseuns in lande wat deur konflik geteister word om aan kollektiewe geweld te sterf.

Nie-Spaanse swart meisies in Amerika se risiko om vermoor te word, is sowat vyf keer groter as dié van nie-Spaanse wit tienermeisies.

Seksuele geweld in kinder- en tienerjare

In 38 lae- en middelinkomstelande het 17 miljoen volwasse vroue erken hulle het gedwonge seks in hul kinderjare ervaar. In 28 lande in Europa het sowat 2,5 miljoen jong vroue ervaringe van seksuele geweld voor die ouderdom van 15 jaar gehad.

Wêreldwyd het sowat 15 miljoen tienermeisies van 15 tot 19 jaar gedwonge seks in hul leeftyd ervaar, terwyl nege miljoen die afgelope jaar geviktimiseer is.

In 20 lande was nege uit 10 tienermeisies tydens hul tienerjare vir die eerste keer die slagoffer van gedwonge seks. Gebaseer op data van 30 lande het net 1% van dié tienermeisies vir professionele hulp gevra. Data van 28 lande dui daarop dat nege uit 10 tienermeisies wat slagoffers van gedwonge seks was, deur iemand na aan hulle of bekend aan hulle geviktimiseer is.

Vriende, klasmaats en kêrels is onder die mees algemene oortreders van seksuele geweld teenoor tienerseuns in vyf lande.

(Bron: A Familiar Face: Violence in the lives of children and adolescents)

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!