Gewapende mans beroof huisbewoners
Henriette Lamprecht - Vyf mans van wie drie gewapen was, het Woensdag in die oggendure ’n familie in hul huis in Doradopark beroof.
Volgens die woordvoerder van die Namibiese polisie, adj.komm. Edwin Kanguatjivi, het die voorval tussen middernag en 01:00 in ’n woonkompleks in die westelike voorstede van die hoofstad plaasgevind. Die vyf mans het die elektriese hek by die hoofingang ontspoor en ’n deur oopgebreek wat na die sitkamer lei. Kinders wat in die leefvertrek was, het na kamers in die huis gevlug. Volgens Kanguatjivi het die mans hul fokus na die hoofslaapkamer verskuif waar een van die verdagtes ook ’n skoot afgevuur het. Hulle het aangedring op kontant en het vier selfone, kontant en ringe gebuit.
Een van die vyf verdagtes, wat steeds op vrye voet is, het ’n uniform van ’n plaaslike sekuriteitsmaatskappy aangehad. Volgens Kanguatjivi is die klagte teen die mans huisbraak en roof met verswarende omstandighede.
Volgens ’n inwoner van die kompleks is misdaad en huisbraak ’n groot probleem in die omgewing, maar dit het met die hulp van ’n buurtwag vir ’n wyle afgeneem.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie