Geveg oorsee by venster uit

30 June 2020 | Sport
Tielman van Lill – Namibië se 32-jarige nasionale weltergewigkampioen, Emmanuel (The Lion) Mungandjela, moes 'n uitnodiging van die hand wys om aanstaande maand in Belo-Rusland deur die toue te klim.

The Lion kon op 26 Julie in Minsk vir Nursultan Zhangabayev (Kazakstan) oor tien rondes om die internasionale gordel van die Wêreldboksvereniging (WBA) gepak het.

Volgens die promotor Nestor Tobias het dié uitnodiging van die WBA egter te laat op sy lessenaar beland om sy bokser na behore voor te berei.

Mungandjela is van 'n gulde kans ontneem om sy grootste geveg nóg en sy eerste buite die landsgrense te ervaar.

Tobias verduidelik: “Gedurende die grendeltydperk kon geen van ons boksers behoorlik oefen nie. Om 'n geveg op so 'n kort kennisgewing te aanvaar, sou onverantwoordelik wees.

“Die welstand en veiligheid van ons boksers is 'n prioriteit en daar is nie 'n manier dat ons Emmanuel onvoorbereid in Minsk gaan laat veg nie. Met die nuwe fase in ons hokreëls wat binnekort van krag word, sal ons sorg dat ons boksers weer hul beste peil bereik om Namibië in die kollig te plaas.”

Mungandjela, wat sedert Junie 2013 professioneel boks, het 17 gevegte agter die blad waarvan hy 13 gewen het (7 uitklophoue). Vroeg in sy loopbaan was hy drie keer aan die verloorkant (insluitend met punte teen Mikka Shonena) en het een keer gelykop geboks.

Hy is sedert Oktober 2017 die Namibiese weltergewigkampioen toe hy Ebenestus Kaangundue geklop het. Hy het sy titel intussen drie keer suksesvol verdedig en spog met tien oorwinnings op 'n streep. Van sy beste vertonings was teen sy landgenote Tommy Hango, Peter Malakia en Steven Shimbonde.

Die 27-jarige Zhangabayev se rekord spel eweneens gevaar. Hy is onoorwonne in agt gevegte en het reeds in sy sesde geveg in Desember 2018 die vakante WBC Asiatiese superweltergewigtitel teen Arnel Tinampay van die Filippyne, in Moskou met 'n eenparige puntebeslissing opgeraap.

In Maart 2019 moes Ivan Matute (Venezuela) dit ontgeld toe Zhangabayev hom om die vakante WBA interkontinentale kroon verniel het. In Augustus het hy die titel teen Australië se Steve Gago in Sydney en met sy eenparige puntesege ook die vakante WBO Asiatiese titel bygevoeg.

- [email protected]

Soortgelyk

 

Fishrot: Geen borg, eis ACC

2 ure gelede | Howe

Jemima Beukes Die Teenkorrupsie Kommissie (ACC) is vas oortuig betrokkenes by die Fishrot-skandaal het op ‘n uitgebreide wyse saamgespan om honderde miljoene dollar te steel.Sowat...

Air Nam se vlerke geknip

2 ure gelede | Vervoer

Ronelle Rademeyer - Die nasionale redery is met sy rug teen die muur en het nie beweegruimte om langer die kwessie oor sy bankrotskap en...

Weer vir 9 Julie 2020

2 ure gelede | Weer

WEERWAAK: Koue en nat toestande word Vrydag en Saterdag in die Suide en Weste verwag. Baie koue toestande word oor die suidelike, sentrale en oostelike...

Munisipale werkers betoog oor kontrakte

2 ure gelede | Regering

Kristien Kruger – Sowat 600 skoonmakers het gister tydens middagete na die Windhoek munisipale hoofkantore opgeruk om ‘n klagskrif aan die burgemeester, me. Fransina Kahungu,...

Itula se partyplanne op dreef

2 ure gelede | Regering

Denver Kisting – Die hoofkiesbeampte van die Verkiesingskommissie van Namibië (ECN), mnr. Theo Mujoro, sê dié nasionale kiesliggaam het nog nie dr. Panduleni Itula se...

Pasgebore baba toets twee keer negatief

2 ure gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht - 'n Pasgebore baba wat die naweek aanvanklik as Namibië se geval 362 van Covid-19 aangemeld is, het twee keer daarna negatief vir...

Bibbernaweek, reën voorspel

2 ure gelede | Weer

Elvira Hattingh – Die Namibiese weerkantoor het ‘n weerwaak uitgereik vir koue weer wat reeds van vandag af in die Weste verwag word.Terselfdertyd sal koue,...

Staat wil appelleer teen uitspraak oor arbeidsreëls

2 ure gelede | Regering

Ronelle RademeyerDie staat is voornemens om appèl aan te teken teen die volbank-uitspraak twee weke gelede waarin bevind is die Covid-19-arbeidsregulasies is ongrondwetlik en gevolglik...

Windhoek se vullis drom op

2 ure gelede | Regering

Denver KistingDae nadat die Windhoek-munisipaliteit (CoW) moes toegee hy is sy inkomste uit parkeermeters kwyt, het dié plaaslike owerheid erken hy het ook tans geen...