Gevangenes voortaan in oranje geklee
Gevangenes voortaan in oranje geklee
Korrektiewe dienste maak eie oorpakke
23 February 2021 | Polisie
Die ministerie van binnelandse sake, immigrasie, veiligheid en sekuriteit het Vrydag aangekondig die uniform van oortreders wat tronkstraf uitdien, gaan van kleur verander. Die oorpakke sal voortaan oranje wees en nie meer die kenmerkende groen nie. Hierdie verandering word sedert die begin van die maand toegepas deur die verspreiding van die nuwe oranje oorpakke aan manlike gevangenes.
Die oranje oorpakke word by die Windhoek Sentrale Gevangenis deur gevangenes onder toesig vervaardig.
'n Begrotingstekort kniehalter glo tot nou toe die verspreiding van die oorpakke na ander dele van die land.
Volgens die ministerie het die Namibiese Korrektiewe Diens besluit om die groen – wat ook deur talle sekuriteitsmaatskappye en natuurbewaarders gebruik word – met die kenmerkende oranje te verruil.
Volgens die korrektiewe diens se hoof, komm.genl. Raphael Hamunyela, is die oranje oorpakke meer identifiseerbaar, veral buite tronke, waar dit ook ontsnappings moeiliker sal maak.
“Die verandering sal ook die gesig en reputasie van die korrektiewe diens as 'n instituut van rehabilitasie bevorder, omdat die groen met straf vanaf die koloniale era geassosieer word en nie meer dié doel dien nie,” voeg hy by.
Hy sê die eenvoudige ontwerp van die nuwe uniform doen weg met die nodigheid van 'n gordel deur 'n ingewerkte elastiese band wat die gedurige aanpas van vorige uniforms ook nou onnodig maak.
Gordels is ook in die verlede gebruik in selfdood en ander gewelddadige voorvalle.

Soortgelyk
Vrou woon in haar motor by hospitaal
8 ure gelede | Mense
Toekoms van 77 Air Nam-vlieëniers onseker
8 ure gelede | Vervoer
Ses damme voller as 100%
8 ure gelede | Weer
Weer vir 24 Februarie
8 ure gelede | Weer
'Swak bestuur rede vir Meatco se krisis'
8 ure gelede | Byvoegsels
Hof kry Heritage Health voor stok
8 ure gelede | Gesondheid
'IEB in nuwe formaat is hier om te bly'
8 ure gelede | Onderwys
#Indigiwalk Namibia in die pyplyn
8 ure gelede |
‘Geen personeel betrokke by stropery’
8 ure gelede | Ministeries
Kleinadvertensies