Gevalle van Kongokoors styg

Uitslae moet siekte bevestig

13 May 2019 | Gesondheid
Henriette Lamprecht – Die getal vermoedelike gevalle van die hoogs aansteeklike siekte Kongokoors het binne ‘n week tot vyf gestyg.

‘n Man (77) van die Ontananga-nedersetting in die Oshikotostreek het Dinsdag in die Onandjokwe-distrikshospitaal vermoedelik aan dié siekte gesterf.

Daar word steeds op die uitslae gewag van ‘n bloedmonster wat na Suid-Afrika vir bevestiging van die siekte gestuur is.

Volgens me. Selma Roberts-Matyenyika, nasionale waarnemingsbeampte by die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste (MoHSS), verkeer ‘n 54-jarige vrou van dieselfde nedersetting, wat vroeër verlede week met simptome van die siekte in die Onandjokwe-distrikshospitaal opgeneem is, in ’n stabiele toestand.

Sy is die oorledene se buurvrou.

Byna ‘n week later is nog ‘n vermoedelike geval van die siekte volgens Roberts-Matyenyika in die Outapi-hospitaal opgeneem, terwyl nóg ’n inwoner van die Omafo-nedersetting in die Engela-hospitaal opgeneem is.

Ook in die sentrale deel van die land word ‘n vermoedelike geval van Kongokoors in die isolasie-eenheid van die Windhoek Sentrale Hospitaal behandel.

Volgens Roberts-Matyenyika hou die gevalle nie verband met mekaar nie, maar almal het ‘n geskiedenis van bosluisbyte.

Sy het beklemtoon almal word gemonitor wat kontak met die aangemelde gevalle gehad het.

Die man wat vermoedelik aan die siekte gesterf het, is dieselfde dag reeds volgens spesiale riglyne begrawe om die verspreiding van die siekte en die risiko vir besmetting te beperk.

Verlede jaar is ‘n man van die Keetmanshoop-distrik in die isolasie-eenheid van die Windhoek Sentrale Hospitaal aan die siekte dood, en twee mense het in 2017 aan dié siekte gesterf.

Simptome van Kongokoors sluit ’n skielike hoë koors, kopseer, rugpyn, gewrigspyn, maagpyn, lighoofdigheid, ’n stywe nek, ’n uitslag en kneusing in.

Slagoffers was gewoonlik in kontak met iemand wat óf soortgelyke simptome ervaar het, óf met diere wat met bosluise besmet is of deur ’n bosluis gebyt is.

Nog simptome sluit naarheid en braking, ’n seer keel, skielike gemoedskommelings en verwarring in.

‘n Mens kan Kongokoors deur ’n bosluisbyt of die hantering van bosluise opdoen, of deur direkte kontak met besmette dierebloed en organe, of waar diere geslag word wat bosluise op hulle het.

Dit kan ook oorgedra word deur die hantering van besmette linne en beddegoed of die gebruik van besmette mediese toerusting en voorraad; direkte fisieke kontak met liggaamsvloeistowwe of die bloed van iemand met die siekte, of deur direkte kontak met die liggaam van iemand wat aan die siekte gesterf het.

Mense wat bogenoemde simptome ná ’n bosluisbyt ervaar, word versoek om met die naaste kliniek of hospitaal in verbinding te tree.

Soortgelyk

 

Hanse-Himarwa se getuienis vals, sê hof

11 ure gelede | Howe

Denver Kisting – Nadat die hof al die getuienis in ag geneem het, is die enigste gevolgtrekking die staat het bo redelike twyfel bewys Katrina...

Katrina se toekoms duister

11 ure gelede | Howe

Denver Kisting – Teen gistermiddag was pres. Hage Geingob nog stil oor een van sy kabinetsministers wat aan korrupsie skuldig bevind is.Katrina Hanse-Himarwa, die minister...

Jessné struts her stuff

11 ure gelede | Mense

Mariselle Stofberg Even though Jessné Swart is only in grade 5, she has already made a name for herself in the modelling industry. Her love...

Weer vir 9 Julie 2019

11 ure gelede | Weer

WEERWAAK: Ooswindtoestande sal oor die kus vir die res van die week heers, asook stofstorms op plekke.BINNELAND: Koud aanvanklik, andersins mooi weer en warm tot...

Eenjarige brand in sinkhuis dood

11 ure gelede | Misdaad

Tanja Bause – Twee mense het die afgelope naweek doodgebrand toe hul sinkhuise aan die brand geslaan het. Volgens die Namibiese polisie se misdaadverslag het...

Bekentenis was glo vrywillig

11 ure gelede | Howe

Erwin Leuschner op Swakomund – Mnr. Ernst Lichtenstrasser, wat van die moorde op mnre. Eckhart Mueller en Heimo Hellwig aangekla is, was ten tyde van...

Dragtige ietermagô uit drom gered

11 ure gelede | Misdaad

Francoise Steynberg - ’n Ietermagô wat dae lank in ’n brandstofdrom gelos is, se verhaal het ’n gelukkige einde.Volgens me. Maria Diekmann, van die Rare...

Pasgebore baba sterf ná val

11 ure gelede | Ministeries

Henriette Lamprecht - Die Engela-hospitaal in die Ohangwenastreek word van nalatigheid aangekla nadat ’n baba by geboorte op die grond geval en onmiddellik gesterf het.Die...

Interns by staatshospitale uitgeplaas

11 ure gelede | Ministeries

Henriette Lamprecht - ’n Totaal van 131 leerlingdokters is by verskeie hospitale oraloor die land uitgeplaas om met hul internskap van twee jaar te begin....