‘Gevaarlike’ verdagte steeds soek

05 November 2019 | Polisie
Denver Kisting – Teen gister was die polisie steeds op soek na ’n gevaarlike verhoorafwagtende man wat Sondag uit aanhouding ontsnap het.

Hoofinsp. Kauna Shikwambi, ’n polisiewoordvoerder, het gesê mnr. San Rick Geingob het omstreeks 05:00 uit die Katutura-staatshospitaal in die hoofstad verdwyn.

Volgens haar is die 35-jarige man soontoe geneem nadat hy by die Windhoek-gevangenis ongesteld geword het.

Hy staan tereg op aanklag van gewapende roof, verkragting, huisbraak en diefstal, het sy gesê.

Shikwambi sê Geingob het na bewering ook twee keer vantevore uit aanhouding ontsnap.

Sy het lede van die publiek opnuut ontmoedig om hom self te probeer aankeer en om eerder die naaste polisiekantoor te skakel.

“Ons beskou hom as gevaarlik,” sê sy.

Die woordvoerder het gesê die polisieondersoek sal ook vasstel of daar nalatigheid aan die kant van die beamptes was in wie se sorg Geingob was toe hy verdwyn het.

“Sou daar enige nalatigheid gewees het, sal alle nodige stappe gedoen word,” sê sy.

Enigiemand met inligting oor waar die man hom bevind, kan met konst. Joseph Sakaria by 081 481 5655 in verbinding tree.

- [email protected]

Soortgelyk

 

Oudpres. Hosni Moebarak van Egipte sterf

37 minute gelede | Internasionaal

Die voormalige Egiptiese president Hosni Moebarak is dood, het die staatstelevisie berig.Hy was 91.Moebarak is in 2011 ontsetel ná 'n bewind van sowat 30 jaar....

Nege vas oor renosterhorings

59 minute gelede | Misdaad

Nege verdagtes is verlede week in verband met renosterstropery of -horingsmokkelary in hegtenis geneem. Volgens die wildmisdaadverslag van 17 tot 23 Februarie is beslag op...

Gesoek: Namibiërs wat in China woon, studeer

2 ure gelede | Ministeries

Die Namibiese ambassade in China is in die lig van die uitbreking van die corona virussiekte (covid 19) besig om sy lys op te dateer...

Ministerie bemagtig mans én vroue

3 ure gelede | Ministeries

Die algemene siening dat die ministerie van geslagsgelykheid en kinderwelsyn net vir vroue en kinders is, is onwaar en onproduktief. “Sommige mans dink hierdie ministerie...

Damme voller

14 ure gelede | Weer

Elvira Hattingh - Terwyl 99,671 Mm³ (miljoen kubieke meter) water altesaam 10 nasionale damme die afgelope week binnegevloei het, het die weerkantoor opnuut ’n waarskuwing...

Groot kommer oor sprinkaanplaag in Zambezi

14 ure gelede | Omgewing

Ronelle Rademeyer - ’n Plaag van bruin sprinkane uit vermoedelik Botswana teister kommunale boere by Muhundu en ander nedersettings in Katima Mulilo se landelike kiesafdeling...

Weerlig slaan meisie (11) dood

14 ure gelede | Misdaad

Weerlig het Saterdag die lewe van 'n elfjarige kind geëis. Volgens die Namibiese polisie se weeklikse misdaadverslag is Aini Shilongo Saterdag omstreeks 18:00 in 'n...

Weer vir 25 Februarie

14 ure gelede | Weer

WEERWAAK: Swaar storms word in die noordoostelike streke, Otjozondjupa-, Khomas- en suidelike streek verwag. Die nodige voorsorgmaatreëls moet getref word. BINNELAND: Gedeeltelik bewolk in die...

NamWater to fix Opuwo’s supply woes

14 ure gelede | Plaaslik

Uakutura Kambaekua – Since 2017, Opuwo town has been faced with diminished water supply, a predicament blamed on high water loss in distribution systems, which...