Gevaarlike lugruim

30 December 2002 | Politiek en nasionale nuus
DIE kladboek van Namibiese burgerlugvaart het Donderdag nog \'n inskrywing gekry toe \'n breukdeel van \'n sekonde \'n lugramp oos van die Internasionale Lughawe Hosea Kutako verhoed het. \'n Cessna 404 van Westair Aviation het in \'n botsing met \'n Boeing 737 van die Angolese lugredery TAAG sy stertvlerk verloor en wonderbaarlik daarin geslaag om op die lughawe Eros te land.
Dié voorval, waarin niemand beseer is nie, het opnuut die kwessie van veiligheid van die Namibiese lugruim op die voorgrond geskuif en die dringendheid van moderne toerusting benadruk.
Die voorval het gebeur enkele dae nadat die Ministerie van Werke, Vervoer en Kommunikasie \'n kontrak met \'n Spaanse konsortium onderteken het ingevolge waarvan sowat 32 miljoen Euro aangewend sal word vir moderne navigasietoerusting en groter veiligheid by verskeie lughawens. Die ooreenkoms met die Defex Konsortium maak ook voorsiening vir die verlenging van die aanloopbaan op die Walvisbaai-lughawe, meteorologiese toerusting, elektriese infrastruktuur en brandweerwaens en nooddiensvoertuie. Die Internasionale Lughawe Hosea Kutako, die lughawe Eros en die lughawens by Lüderitz en Ondangwa sal groot baat vind by die toersuting.
Die man in beheer van \'n onafhanklike ondersoek saam met die Ministerie van Werke, Vervoer en Kommunikasie, kaptein Harry Eggerschwiler, pleit al maande lank vir groter lugvaartveiligheid en beskou Donderdag se voorval as die finale teken dat iets dringend aan die situasie gedoen moet word.
Kaptein Eggerschwiler, wat ook die hoof-operasionele bestuurder van die African Civil Aviation Agency met sy hoofkwartier in Windhoek is, het net ná die voorval an Republikein gesê \'n breukdeel van \'n sekonde het waarskynlik \'n vliegramp van ongekende afmetings verhoed.
\"Dis \'n wonderwerk dat niemand dood is nie en albei die vlieëniers daarin kon slaag om hul vliegtuie by die onderskeie bestemmings te land. As die Cessna en die Boeing \'n half sekonde later gebots het, sou dinge heel anders verloop het.\"
Kaptein Eggerschwiler sê die voorval is niks anders as \'n noodsein dat burgerlugvaart in die land dringend behoorlike toerusting moet kry nie.
\"Ek kan nie as ondersoekbeampte kommenteer lewer oor die oorsaak van die ongeluk op 11 500 voet nie, maar wat wel duidelik is, is dat Namibië dringend sy veiligheid sal moet opknap. Burgerlugvaart in die land is reeds vroeër vanjaar op die swartlys van die Internasionale Lugvervoer-vereniging (IATA) geplaas oor hierdie tekortkominge en Donderdag se voorval benadruk net die erns van die situasie.\"
Hy het gesê dit help nie om Namibiese lugvaart-beheerbeamptes die skuld te gee nie. \"Namibië beskik oor uitstekende opgeleide beamptes, maar die beste beheer-beamptes in die wêreld is hulpeloos sonder die regte toerusting. Ek het in samewerking met die Minister van Werke, Vervoer en Kommunikasie, mnr. Moses Alweeno, al vroeg in die jaar samesprekinge met Rusland begin om moderne toerusting te probeer bekom. Minister Alweeno het verskeie besoeke aan Rusland gebring en \'n hoë afvaardiging van Russiese kenners was ook in Windhoek om hulle te vergewis van die situasie. Rusland is bereid om te help, maar geld is steeds in die stadium \'n struikelblok. Dis ook verkeerd van IATA om Namibië op sy swartlys te plaas sonder om \'n bydrae tot veiligheid te lewer. Europa behoort ná Donderdag se voorval ernstig te besin en moet eerder hulp aanbied aan Namibië. Duisende passasiers van Europa maak elke maand gebruik van die Namibiese lugruim en dis net reg dat die land eerder hulp aanbied as om die veiligheidsituasie te kritiseer.\"
Kaptein Eggerschwiler sê Minister Alweeno was onlangs weer in Rusland en hy is hoopvol dat die geld verkry sal word om die toerusting te koop.

Soortgelyk

 

La Niña skop dalk nóú in

9 ure gelede | Weer

Elvira Hattingh – Terwyl die weerkantoor ‘n weerwaak vir vandag vir wydverspreide donderbuie oor die westelike helfte van die binneland uitgereik het, meen ‘n weerkenner...

Selfdegeslaghuwelike ly neerlaag … vir nou

9 ure gelede | Howe

Jana-Mari Smith – Drie hoërhofregters het hulle gister sterk ten gunste van die wetlike erkenning van selfdegeslaghuwelike in Namibië uitgespreek, maar het nietemin die aansoeke...

Elisenheimrivier sleep motors weg

9 ure gelede | Weer

Augetto Graig – Die Elisenheimrivier het Woensdagaand motorvoertuie saamgesleep toe dit verby die Farmers Kitchen restaurant by Gastefarm Elisenheim oorstroom het. Me. Rentia van der...

Hardap loop gou vol

9 ure gelede | Weer

Elvira Hattingh – Die Hardapdam sou na verwagting laat gisteraand 70% van sy kapasiteit bereik, wat beteken dié suidedam se sluise sou oopgetrek moes word....

kykNET se ‘Wat Dit Vat’: Hier’s die kunstenaars

9 ure gelede | Byvoegsels

Dit was pret, dit was plesier en dit was ’n malligheid op note. Toe die briljante musikant en musiekvervaardiger Loki Rothman gesê het hy gaan...

Fees van klassieke musiek ten bate van kanker

9 ure gelede | Byvoegsels

Een van die mees begaafde pianiste in Namibië, Johann van der Merwe, bied môre (22 Januarie) 'n uitvoering aan om geld in te samel om...

Working with high standards of technology

9 ure gelede | Mense

Wetumwene Shikage Not expecting to find a smooth and easy way of work, Romario Arnat describes his working experience as an eye-opener as to how...

Taking steady growing curves

9 ure gelede | Mense

Wetumwene Shikage Timothy Olivier’s passion and dedication has been a key driver in his success not only within Old Mutual, but throughout his...

Die weer Vrydag 21 Januarie 2022

9 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en baie warm in die noordooste met ’n paar buie in die Kavango, Otjozondjupa se ooste en die Omahekestreek; andersins gedeeltelik bewolk...