Getuies sal beskerm word
Getuies sal beskerm word

Getuies sal beskerm word

Die minister van justisie sê die wetsontwerp maak selfs voorsiening vir vrywillige plastiese snykunde.
Estelle de Bruyn
Estelle de Bruyn - Met die voorkoms van terrorisme op 'n ongeëwenaarde skaal wêreldwyd is dit elke staat se taak om sy burgers te beskerm.

Só het die minister van justisie, dr. Albert Kawana, gesê toe hy die wetsontwerp op die be­skerming van getuies verlede week op 16 Februarie in die Nasionale Vergadering (NV) gemotiveer het.

“Ons het menseslagtings in winkelsentrums, by sokkervelde, konsertsale en in gewilde strate gesien.

“Vrouens en kinders word op markte vermoor - onskuldige siele wat niks te doen het met wat die regverdiging van die ontevredenheid mag wees nie,” het Kawana gesê.

Georganiseerde misdaad en veral dwelmhandel word toenemend gewelddadig en dit bring mee dat dit moeilik is vir getuies om tydens 'n kriminele verhoor sonder die waarborg van beskermingsmaatreëls na vore te kom.

Volgens Kawana lei dit dikwels daartoe dat misdadigers straf vryspring weens onvoldoende getuienis.

Om hierdie rede moet Namibië nou die nodige stappe neem om getuies en hul families te beskerm.

Hy sê die maatreëls wat tans ingevolge die Wet op Kriminele Prosedures van 1977 bestaan, is onvoldoende. Dit behels dat getuies, sonder dat hulle toestemming gee, gedwing kan word om onder beskerming geplaas te word.

Volgens Kawana veroorsaak dit dat sommige getuies opstandig oor die kriminele proses raak en die welslae van vervolging in die wiele ry.

Volgens internasionale reg moet state die veiligheid van getuies en veral die slagoffers van misdaad en ander weerloses beskerm.

Namibië is 'n ondertekenaar van die Verenigde Nasies se konvensie vir die bekamping van transnasionale georganiseerde misdaad.

Artikels 24 en 25 van dié konvensie vereis van state om bystand en be­skerming aan getuies te verleen.

Ingevolge die wetsontwerp sal 'n direktoraat vir die beskerming van getuies tot stand gebring word.

Die lede sal vooraf deeglik deur Namibië se Sentrale Intelligensiediens ondersoek en goedgekeur word.

'n Aantal van hierdie personeel sal vanaf ander agentskappe, kantore en ministeries gesekondeer word.

'n Raadgewende komitee vir die beskerming van getuies sal ook aangestel word om die minister oor beleidsake, wat tred hou met internasionale beste praktyke, te bedien.

'n Fonds vir die beskerming van getuies sal ook gestig word.

“Volgens die ondervinding in ander lande, moet betalings soms in die nag gedoen word om getuies vir hul eie veiligheid van een plek na 'n ander te verskuif. Vir veiligheidsredes moet hulle ook op alternatiewe maniere vervoer word.

“Afgesien hiervan moet kos gekoop word omdat hulle nie in openbare plekke kan eet nie,” het Kawana verduidelik.

In Artikels 30 tot 45 van die wetsontwerp word die vereistes uiteengesit waaraan getuies moet voldoen voor hulle amp­telike beskerming mag geniet.

Dit sluit byvoorbeeld in dat hulle sekere inligting moet verskaf.

Voorsiening word ook gemaak vir die toelating van getuies uit ander lande op versoek van die internasionale hof.

Kawana het voorts verduidelik dat die huisvesting van getuies van ander lande 'n wederkerige ooreenkoms behels en ook sal meebring dat Namibiese getuies elders in die wêreld vir hul eie beskerming hervestig kan word.

“Al is Namibië 'n groot land, is die bevolking so klein dat ons amper almal ken. Teen hierdie agtergrond sal dit nie help om 'n getuie van een deel van die land na 'n ander deel te verskuif nie,” het Kawana gesê.

Hy sê in sommige gevalle sal dit selfs nodig wees om vrywillige naamsveranderinge te doen en plastiese snykunde te ondergaan sodat hulle nie geïdentifiseer kan word nie.

Kommentaar

Republikein 2024-03-28

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Currency: GBP to NAD 23.93 | EUR to NAD 20.5 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.97 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.21 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.97 | USD to ZMW 24.77 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73909.5 Up +0.41% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1516.02 Down -0.13% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12981.98 Up +0.34% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28224.37 Down -2.87% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 207.21/OZ UP +0.75% | Copper US$ 3.97/lb DOWN -0.0032 | Zinc US$ 2 443.40/T DOWN -0.53% | Brent Crude Oil US$ 87.13/BBP UP +0.86% | Platinum US$ 903.17/OZ UP +0.93% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.93 | EUR to NAD 20.5 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.97 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.21 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.97 | USD to ZMW 24.77 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73909.5 Up +0.41% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1516.02 Down -0.13% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12981.98 Up +0.34% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28224.37 Down -2.87% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 207.21/OZ UP +0.75% | Copper US$ 3.97/lb DOWN -0.0032 | Zinc US$ 2 443.40/T DOWN -0.53% | Brent Crude Oil US$ 87.13/BBP UP +0.86% | Platinum US$ 903.17/OZ UP +0.93%