Getuie pak skuld op Katrina

'n Staatsgetuie het gister voet by stuk gehou oor 'n minister se beweerde korrupte betrokkenheid by die aanpas van 'n begunstigdelys.
Denver Kisting
Denver Kisting



Me. Katrina Hanse-Himarwa, die destydse goewerneur van die Hardapstreek, het vier jaar terug gesê 'n lys van begunstigdes van die massabehuisingsprojek op Mariental moet verander word.

Mnr. Paul Nghiwilepo, die uitvoerende hoof van die munisipaliteit, het gister in die Windhoekse hoërhof getuig hy was in Desember 2014 by toe dié woorde uit Hanse-Himarwa se mond gekom het.

Hanse-Himarwa, deesdae die minister van onderwys, kuns en kultuur, staan tereg op een strafklag nadat sy glo haar destydse posisie misbruik het om familielede te bevoordeel.

Op die tweede dag van die tweede week van die Swapo-swaargewig se korrupsieverhoor het Nghiwilepo getuig Hanse-­Himarwa was baie spesifiek oor watter name afgeskuif moet word op die gewraakte lys en watter twee name opgeskuif moet word.

Op 'n vraag van adjunk-­aanklaer-generaal Ed Maron­dedze het Nghiwilepo gesê Hanse-Himarwa het geen redes vir die versoek verskaf nie. “Die opdrag het van die eerbare goewerneur af gekom,” het hy 'n paar keer herhaal.

Hy sê hy het selfs aantekeninge­ gemaak van hierdie welwillendheidsbesoek, waartydens die opdrag gegee sou gewees het.

Nghiwilepo het toegegee dit was ongewoon vir politici om by sulke besluite betrokke te raak.

Hy het voorts getuig sy was vas­beslote om uit te vind wie die begunstig­des op die lys was. “Sy het basies oor almal wat sy nie geken het nie, navraag gedoen.”

Nghiwilepo sê hy het die volgende­ dag Hanse-Himarwa se beweerde bevel met die taakspan van die hedendaagse ministerie van stedelike en landelike ontwikkeling gedeel.

Die span was op Mariental om seker te maak alles is pluis met die lys van 19 begunstigdes onder die massa­behuisingsprojek, wat in daardie ­Desember huisies sou bekom.

Hy sê lede van die span wou weet hoekom die lys verander moes word. “Ek het vir hulle gesê daar is niks wat ons kon doen nie. Dit was die opdrag wat gekom het van die kantoor van die goewerneur.”

Die lys is toe sodanig aangepas om Hanse-Himarwa se wense te weerspieël, het hy voorts getuig.

Volgens hom is die destydse adjunkminister van die ministerie, me. Priscilla Boois, ook op die dag van die seremoniële oorhandiging van die huis ingelig oor wat gebeur het wat die lys betref. “Al wat die adjunkminister gesê het, is dat sy kennis neem van die veranderinge, wat gemaak is en ons moet voortgaan met die seremonie.”

'n Vergadering is op dieselfde dag belê met twee begunstigdes, wat vanweë Hans-Himarwa se beweerde betrokkenheid eers later hul huisies gekry het, het Nghiwilepo getuig. “Ons moes hulle vertel dat die lys ongelukkig verander is en dat hulle nie langer (op daardie dag) begunstigdes sou wees nie.”

Gistermiddag het mnr. Sisa Namandje, Hanse-Himarwa se prokureur, vir regter Christie Liebenberg ingelig sy kliënt is bekommerd nadat iemand in die openbare galery glo die hofverrigtinge met 'n selfoonkamera verfilm het.

Dieselfde persoon is toe volgens Namandje later gesien in gesprek met die ondersoekbeampte van die Teenkorrupsiekommissie (ACC), mnr. Phelem Masule.

Namandje sê sy kliënt is bekommerd dat getuies wat nog nie geroep is nie, “gevoer word met wat in die hof aangaan”.

Regter Liebenberg het toe 'n ernstige waarskuwing aan mense in die galery gerig.

Toe die hof vir middagete verdaag, het Namandje ook met die ondersoekbeampte vergader om aanvullende verklarings te bekom wat by Nghiwilepo geneem is.

Marondedze het kwaai daarteen te velde getrek dat Namandje daarop gesinspeel het dat die staat dokumente en inligting van die verdediging weerhou.

Volgens Liebenberg het net die nasionale uitsaaier, die NBC, toestemming om die verrigtinge te verfilm.

Die verhoor hervat vanoggend wanneer Namandje sy kruisondervraging van Nghiwilepo gaan voortsit.

Namandje het gistermiddag toe die hof ná 16:00 verdaag het, gesê hy is nog lank nie klaar nie.

Marondedze word bygestaan deur mnr. Salomon Kanyemba.

Hanse-Himarwa is vry op 'n waarskuwing.

Kommentaar

Republikein 2024-03-28

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Currency: GBP to NAD 23.86 | EUR to NAD 20.43 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.93 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.05 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.93 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 221.22/OZ UP +1.39% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.14% | Zinc US$ 2 452.00/T DOWN -0.18% | Brent Crude Oil US$ 87.50/BBP UP +1.29% | Platinum US$ 907.52/OZ UP +1.41% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.86 | EUR to NAD 20.43 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.93 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.05 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.93 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 221.22/OZ UP +1.39% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.14% | Zinc US$ 2 452.00/T DOWN -0.18% | Brent Crude Oil US$ 87.50/BBP UP +1.29% | Platinum US$ 907.52/OZ UP +1.41%