Getuie hou voet by stuk oor Katrina
Getuie hou voet by stuk oor Katrina

Getuie hou voet by stuk oor Katrina

Vrydag was die minister van onderwys, kuns en kultuur se vyfde dag in die beskuldigdebank in die Windhoekse hoërhof.
Denver Kisting
Denver Kisting



Die man wat in Desember 2014 'n ministeriële afvaardiging na Mariental gelei het, mnr. Merrow Thaniseb, het Vrydag voet by stuk gehou oor 'n bevel dat die lys van begunstigdes gewysig moet word.

Volgens Thaniseb het dié bevel van die indertydse goewerneur van die Hardap­streek, me. Katrina Hanse-Himarwa, af gekom.

Hanse-Himarwa is tans die minister van onderwys, kuns en kultuur.

Hoewel hy onder ­kruisondervraging van mnr. Sisa Namandje, Hanse-­Himarwa se prokureur, toegegee het die goewerneur se goedkeuring van begunstigdes is geen vereiste vir die toekenning van huise nie, het hy volstaan daarmee dat sy “kommer uitgespreek het”.

Die staat voer aan Hanse-Himarwa het die gewraakte lys laat wysig om toe te sien dat twee van haar familielede op 17 Desember 2014 nuwe huiseienaars onder die massabehuisingskema geword het. 'n Totaal van 19 mense het daardie dag huisies ontvang.

Toe Namandje dit aan Thaniseb stel Hanse-Himarwa voer aan sy het nie 'n lys met meer begunstigdes op as die 19 gesien nie, het Thaniseb gesê: “Ek kan nie namens jou kliënt antwoord nie. Ek kan net sê wat gebeur het.”



LYS VAN BEGUNSTIGDES

Hanse-Himarwa het na bewering twee mense, wat aanvanklik ook daardie dag huisies sou kry, se name laat afskuif op 'n lys met begunstigdes.

Dit het meegebring dat daardie twee mense eers in 'n latere stadium huise sou bekom.

Namandje het voorts aan Thaniseb gesê Hanse-Himarwa beweer sy het in geen stadium opdrag gegee dat die lys van begunstigdes verander moet word nie. Thaniseb se bondige antwoord hierop was: “Sy hét.”

Volgens dié beampte van die ­ministerie van stedelike en landelike ­beplanning het Hanse-Himarwa se beweerde bevel die ministerie se taakspan via die ­uitvoerende hoof van die Mariental-­munisipaliteit bereik.

Die taakspan van die ministerie is destyds na die Hardapdorpie gestuur om seker te maak alles is pluis met die lys van begunstigdes en om na die ­logistieke reëlings vir die oorhandiging van die huisies om te sien.

Die span het hoofsaaklik met amptenare van die plaaslike owerheid vergader.

Hulle het egter ook 'n welwillendheidsbesoek aan Hanse-Himarwa as goewerneur gebring.

Dit is glo tydens hierdie besoek wat die oudgoewerneur haar ongelukkigheid met die lys te kenne gegee het.



NIE TAAKSPAN ONTBIED

Namandje het die afgelope Vrydag groot gewag daarvan gemaak dat Hanse-­Himarwa nie die ministerie se taakspan na haar kantoor genooi of ontbied het nie.

Húlle het besluit om by háár te gaan inloer, het hy benadruk.

Namandje het die getuie ook meegedeel sy kliënt het gekla oor die lys, omdat die riglyne van die ministerie met die samestelling daarvan nie gevolg is nie.

Hy het Thaniseb egter daarvan be­skuldig dat hy lieg dat Hanse-­Himarwa opdrag gegee het die lys moet ­aangepas word. “My kliënt ontken dat die uit­voerende hoof beveel het om die lys te verander. Sy het nie,” het Namandje gesê.

Thaniseb het hierop geantwoord: “Sy hét die opdrag gegee. Sy hét.”

Hy het gevolglik afstand van die proses gedoen, het Thaniseb gesê.

Volgens Namandje het óf die Teen­korrupsiekommissie (ACC) of staatsgetuies die bewerings teen Hanse-­Himarwa versin.

Die verhoor voor regter Christie Liebenberg hervat eerskomende Maandag.

Mnr. Salomon Kanyemba en me. ­Constance Moyo kla namens die staat aan.

Iemand wat met die saak vertroud is, het intussen gesê Hanse-Himarwa, en nie die regering nie, staan glo vir haar eie regsonkoste pa.

Kommentaar

Republikein 2024-04-25

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma | AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United Katima Mulilo: 15° | 34° Rundu: 15° | 34° Eenhana: 15° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:02, High tide: 04:02, Low Tide: 22:08, High tide: 16:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 04:00, Low Tide: 22:06, High tide: 16:25 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 03:59, Low Tide: 22:06, High tide: 16:24 Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 19° | 32° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 18° | 31° Oranjemund: 14° | 21° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 14° | 26° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 18° | 25° Dar es Salaam: 23° | 26° Lusaka: 18° | 29° Harare: 15° | 29° Currency: GBP to NAD 23.74 | EUR to NAD 20.39 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 19.01 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.41 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1277.03 | USD to ZAR 19.03 | USD to ZMW 26.4 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 332.49/OZ UP +0.70% | Copper US$ 4.51/lb UP +1.78% | Zinc US$ 2 867.60/T UP 0.22% | Brent Crude Oil US$ 88.81/BBP UP +0.93% | Platinum US$ 914.94/OZ UP +1.42% Sport results: Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma | AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United Weather: Katima Mulilo: 15° | 34° Rundu: 15° | 34° Eenhana: 15° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:02, High tide: 04:02, Low Tide: 22:08, High tide: 16:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 04:00, Low Tide: 22:06, High tide: 16:25 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 03:59, Low Tide: 22:06, High tide: 16:24 Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 19° | 32° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 18° | 31° Oranjemund: 14° | 21° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 14° | 26° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 18° | 25° Dar es Salaam: 23° | 26° Lusaka: 18° | 29° Harare: 15° | 29° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.74 | EUR to NAD 20.39 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 19.01 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.41 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1277.03 | USD to ZAR 19.03 | USD to ZMW 26.4 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 332.49/OZ UP +0.70% | Copper US$ 4.51/lb UP +1.78% | Zinc US$ 2 867.60/T UP 0.22% | Brent Crude Oil US$ 88.81/BBP UP +0.93% | Platinum US$ 914.94/OZ UP +1.42%