Gestremdes misbruik in grondaansoeke
Munisipale prosedures kan nie ten gunste van sekere lede van die publiek omseil word nie.
Barry de Klerk - Die Windhoekse munisipaliteit sê mense met gestremdhede moet op hul hoede wees vir misbruik tydens grondaansoeke in die hoofstad.
“Eiendomsontwikkelaars gebruik gestremde lede van die publiek in hul aansoek vir grond onder die vaandel dat die projek werksgeleenthede aan gestremdes verskaf en hul lewenstandaarde verhoog,” sê die raadslid me. Hileni Ulumbu.
Wanneer verdere ondersoek ingestel word na die eienaarskap van genoemde maatskappye, blyk dit die mense wat so gebruik word, is nie eens deel van die betrokke maatskappy nie, het Ulumbu gesê.
Sy het erken die munisipaliteit staar 'n reuse-uitdaging in die gesig om in die aanvraag na gedienste erwe te voorsien.
Volgens Ulumbu word 'n standaardtoekenningsprosedure vir gestremde mense in ooreenstemming met die munisipaliteit se beleidsrigtings gebruik. Dit sluit onder meer in dat die voornemende koper by die munisipaliteit as gestremd geregistreer moet wees, asook geskrewe bewyse van 'n mediese praktisyn sowel as registrasie by die Vereniging vir Gestremdes wat dit as permanente toestand bevestig.
Die aansoekers moet ook bewys dat hulle die grond kan bekostig. Sou hulle geen inkomste verdien nie, moet hulle 'n bewys van finansiering aanheg.
Ulumbu, self 'n gestremde, het beklemtoon alle inwoners kan in gelyke maat vir grond aansoek doen, maar het gemaan prosedures kan nie ten gunste van sekere lede van die publiek omseil word nie.
Sy sê hoewel daar min beskikbare gedienste grond in Windhoek beskikbaar is, beteken dit nie besighede moet dit op agterbakse wyse in die hande probeer kry nie.
“Die onsensitiwiteit van sekere mense in ons samelewing is onaanvaarbaar en dit moet onmiddellik stop,” het Ulumbu gesê.
Tenderdokumente moet volledig en betyds volgens die voorgeskrewe sluitingsdatum ingehandig word.
“Dit het al verskeie kere gebeur dat mense die raad nader vir uitstel en spesiale behandeling. Dit sal nie geduld word nie.
“Die verbetering van die lewenstandaarde van al ons inwoners is vir die munisipaliteit 'n prioriteit. Ons sal daarom voortgaan om die uitwissing van sosioëkonomiese ongelykhede te prioritiseer en verseker dat ons inwoners met gestremdhede erken word in die toekenning van grond.”
Sy het mense met gestremdhede gemaan om op hul hoede te wees vir dié met “duister motiewe” wat enigiets sal doen om grond vir eiendomsontwikkeling te bekom, “net om voorheen benadeeldes in die steek te laat wanneer hulle klaar hul maksimum wins uit die grond en eiendom gemaak het”.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie