Gestremde man, kinders steeds vermis
Die Namibiese polisie (Nampol) is steeds op soek na die gestremde mnr. Niklas de Klerk (59) van erf 58/25 in Tokyostraat in die Otjomuise-woonbuurt in Windhoek wat sedert 11 Augustus vermis is.
Die vermiste ly ook aan epilepsie en is slank gebou, 1,7 m lank en lig van gelaat. De Klerk is die laaste keer by winkels in Otjimuise gesien en het 'n grys broek en T-hemp aangehad. Hy is Afrikaanssprekend.
"De Klerk se familie kon hom dusver nie by plekke wat hy gewoonlik besoek het, opspoor nie," lui Nampol se verklaring.
Enigiemand met inligting oor waar De Klerk hom bevind, word versoek om die naaste polisiekantoor of sy niggie, me. Clara Jansen by 081 312 8616 te kontak.
Voorts word twee meisies sedert verlede Maandag in die Kunenestreek vermis, berig Nampa. Die soektog na Kangombe Kangombe (4) en Uahindua Kangombe (5) duur voort.
Hulle is verlede Maandag (30 Okt) as vermis in die omgewing van die Okongoro-nedersetting naby Werda aangemeld toe hulle na bewering gestuur is om perde in die veld te gaan soek, maar nooit teruggekeer het nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie