Gestrande walvis: Polisie verjaag skare

Tanja Bause
Tanja Bause



Die Namibiese polisie en hul spe­siale taakmag se hulp moes gister ingeroep word ná omstanders op die lewende, gestrande boggelrugwalvis by Onafhanklikheidstrand op Walvisbaai afgestorm het en op die dier probeer klim het.

'n Video wat in die sosiale media gedeel is, het vir skokgolwe, walging en ongeloof gesorg.

Volgens me. Dorothy Fourie van die Namibia Dolphin Project was daar om 09:30 reeds talle kinders wat op die dier probeer klim het.

“Ons het die kinders weggejaag en die hele dag deur het skares mense by die vis opgedaag. Ons het hulle onder beheer gehad en kon hulle op 'n afstand hou.

“Ná die etensuur het meer en meer mense opgedaag en hulle het begin stoot en ons begin stormloop. Ons kon niks doen nie; hulle was net te veel,” het sy gesê.

Die Namibia Dolphin Project het toe die polisie se hulp ingeroep.

“Die polisie het opgedaag en die skare verjaag. Hulle het die gebied ook afgesper. Die walvis se stresvlakke het begin daal ná die mense weg is. Hy het aansienlik rustiger geraak. Dit is 'n baie hartseer dag. Ons het alles probeer om hom so rustig as moontlik te hou.”

Fourie het Republikein gistermiddag ingelig die toepaslike owerhede het toestemming verleen dat die walvis van kant gemaak word.

Die walvis sal met 'n boot die water ingesleep word.

Fourie sê indien hy worstel, sal hy vrygelaat word om sy eie weg te vind en sal waarskynlik later op 'n strand uitspoel. Indien hy nié worstel om los te kom nie, sal die dier na 'n afgeleë area geneem word en van kant gemaak word.

“Dit sal 'n klein ontploffing behels en ons kan dit nie op 'n publieke strand doen nie. Ons sal die karkas dan later na Pelikaanpunt sleep sodat dit daar buite die publiek se sig kan ontbind,” het sy gesê.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!