Gesteelde pistool in skietery gebruik
Gesteelde pistool in skietery gebruik

Gesteelde pistool in skietery gebruik

Otis Finck
Otis Finck - Die pistool wat tydens ’n skietery Vrydag op Walvisbaai gebruik is, is vroeër gesteel uit ’n kluis van ’n Chinese burger wat op die dorp woon.

Volgens adjunkkommissaris Erastus Iikuyu van die Erongostreek het twee verdagtes wat in die besit van die pistool in hegtenis geneem is, herstelwerk by die Chinees se huis gedoen.

“Die verdagtes sal op aanklagte van poging to moord en die besit van ’n ongelisensieerde vuurwapen en ammunisie in die hof verskyn. Die eienaar van die vuurwapen is tans nie in die land nie. ’n Bykomende klag van diefstal van ’n vuurwapen sal bygevoeg word. Die ondersoek duur voort,” het Iikuyu gesê.

Die verdagtes, ’n 16-jarige en ’n 22-jarige, is deur die polisie in hegtenis geneem wat die gebied gepatrolleer het waar die skietery plaasgevind het. Die polisie het beslag op die pistool en vyf patrone gelê.

Die verdagtes, wat glo beide onder die invloed van drank was, het met 'n taxibestuurder begin baklei. Hy het hulle oorrompel en hulle het weggehardloop.

“Die twee het met die pistool teruggekeer en toe hulle nie die taxibestuurder kon vind nie, het hulle met ’n groep koerantverskopers begin skoor soek. Die koerantverkopers het die pistool gesien en weggehardloop. Een van die verdagtes het ’n skoot afgevuur en Shihalukeni Nghituwamata (16) gewond. Die koeël het Nghituwamata se regter- middelvinger getref,” het Iikuyu gesê.

In ’n ander voorval is 'n 17-jarige in verband met die diefstal van ’n voertuigenjin en ratkas op Walvisbaai in hegtenis geneem.

Volgens Iikuyu het die verdagte Donderdag die items ter waarde van N$70 000 uit 'n erf in Divotstraat in Fairways gesteel.

“Hy het die enjin en ratkas aan 'n handelaar in tweedehandse meubels verkoop. Die items is gevind en die verdagte sal in die hof verskyn. Die ondersoek duur voort na wie se voertuig gebruik is om die gesteelde items te vervoer,” het Iikuyu gesê.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!