Gesprekke met tekstuur

14 June 2019 | Kuns en vermaak
The Project Room bied vanaand Tekstúra aan – ’n solo-uitstalling deur Marcii Magson.

Dit skop vanaand om 18:00 by die galery af en duur tot 29 Junie.

Marcii is oop vir die idee om gesprekke met vreemdelinge aan die hand van haar nuutste uitstalling, Tekstúra, te voer.

Tekstúra bestaan uit ‘n reeks werke wat onder meer met fyn kwashale en lynsketse nuwe vorms aanneem.

Terwyl hierdie proses voorsiening vir ’n interaktiewe benadering maak om die skeppende denke agter die kunswerke te verstaan, beoog Marcii terselfdertyd om ander aan te moedig om fyner na die wêreld om hulle te kyk.

Tekstúra bestaan ’n uit monochromatiese kunswerke van gemengde media, collages, skilderkuns en oudiovisuele kortflieks.

Die kunstenaar beskryf haar huidige solo-uitstalling as “die vrug van uitgebreide eksperimente met tekstuur en oppervlak om die tradisionele konvensies van die skildery om te keer, om kuns van voorstelling en vertelling te bevry”.

Met die gebruik van rou katoen en doek wat in verskillende vloeistowwe, verf en gom geweek is, het 'n reeks skilderye ontstaan.

“Die doel was om werke te lewer wat nie ‘n arktiese landskap is nie, nie 6n materiaal met betekenis of skoonheid nie, nie ’n visuele sensasie of simbool of iets anders nie, maar ’n ligte tekstuuroppervlak wat bloot oop vir bespreking is,” sê Marcii.

“Die uitstalling sluit ook ’n reeks monochromatiese meetkundige skilderye in met breë kwashale, ligte kleure en dik, swart merke, wat op die tasbaarheid van oppervlaktekstuur fokus.”

Die kunstenaar

Marcii is ’n visuele storieverteller, geïnspireer deur kenmerkende intuïsie en ’n inherente begrip van om binne die natuurlike landskap te skep.

Sy nooi kykers uit “om gesprekke te voer met al die moontlikhede wat abstrakte kuns in my skilderye voorstel”.

Geseënd met ’n natuurlike aanvoeling vir skeppendheid, het Marcii haar kunsopleiding op hoërskool begin met aandklasse in swart-en-wit fotografie.

Nadat sy ’n oog vir komposisie en lig ontwikkel het, het sy die wêreld van uitleg, ontwerp en handelsmerke aangedurf.

In 2011 het Marcii die konseptuele ontwerpateljee Clrs & Co. gestig, waar sy vier jaar lank die skeppende direkteur was.

In 2016 het sy Namibië toe getrek, ‘n skuif wat sy as een van die hoogtepunte van haar loopbaan beskou.

Sy sê: “My trek na Namibië het vir groot verandering in my gemoedstoestand gesorg. Dit het ook ’n groot impak op my lewe en werk as kunstenaar gehad. Ek het tyd gehad om voltyds te verf, eksperimenteer en werk.

“Ek gee steeds ontwerpraad, maar kan besluit om ’n projek aan te pak, aangesien kuns die sleutel tot my daaglikse bestaan geword het. Ek lewer uitgebreide werke en neem soveel moontlik aan uitstallings deel.”

Soortgelyk

 

Omkeerpunt vir Meatco

16 ure gelede | Landbou

Elvira Hattingh - Meatco het die afgelope boekjaar sy totale verliese met N$33 miljoen gesny en het boonop daarin geslaag om sy gemiddelde produsenteprys met...

Honde, katte, kinders, sushi en goeie harte

16 ure gelede | Omgewing

Tanja Bause - Die niewinsgewende organisasie Have-a-Heart op Walvisbaai het onlangs in samewerking met Mobile Animal Clinic Namibia 'n baie suksesvolle sterilisasie- en kastrasieveldtog onderneem....

Lubowski ‘krabbel terug’

16 ure gelede | Regering

Denver Kisting – Mnr. Sisa Namandje, pres. Hage Geingob se prokureur, sê me. Gabrielle Lubowski skrabbel terug nadat sy vroeër die staatshoof glo valslik beskuldig...

Blowing the whistle

16 ure gelede | Mense

Justicia Shipena Tamara !Gaoses is the first internationally recognised female 3x3 basketball referee in the country and this qualification allowed her to officiate...

LPM betreur Operasie Kalahariwoestyn

16 ure gelede | Politiek

Catherine Sasman – Die Landless People’s Movement (LPM) het sy stem by die toenemende druk gevoeg dat die regering lede van die Namibiese weermag (NDF)...

Weer vir 25 Junie 2019

16 ure gelede | Weer

BINNELAND: Sonnig en matig tot warm in die Suide. Elders sal dit sonnig en warm wees, maar baie warm in die Noorde. KUS:...

Hilton Hotel 7de keer beste in Namibië

16 ure gelede | Toerisme

Vir die sewende agtereenvolgende jaar het die Hilton Hotel in Windhoek met die World Travel-toekenning vir 2019 as die beste hotel in Namibië weggestap. “Ek...

CoW-drama kry tweede asem

16 ure gelede | Regering

Denver Kisting – Sodra sy tugverhoor afgehandel is, kan die stadsraad besluit of strafregtelike klagte ook teen mnr. Robert Kahimise, Windhoek se uitvoerende hoof, gelê...

Kalahariwoestyn-slagoffer se lyk op lorrie

16 ure gelede | Polisie

Denver Kisting – Talle Namibiërs is woedend omdat mnr. Fambauone Black (22) se oorskot die afgelope Saterdag agter op ’n lorrie terug Zimbabwe toe vervoer...