Gesondheidswerker een van drie nuwe sterftes
Die adjunkminister van gesondheid en maatskaplike dienste, dr. Esther Muinjangue, sê 'n 59-jarige vrou en gesondheidswerker is een van drie nuwe Covid-19-verwante sterftes. Die ander twee sterftes is 'n 57-jarige man van die Nankudu-distrik en 'n 45-jarige man van die Otjiwarongo-distrik. Al drie het onderliggende mediese toestande gehad. Dit bring die totale getal sterftes op 75 te staan.
Muinjangue het ook 185 nuwe gevalle aangekondig wat die totaal op 7 550 te staan bring. Uit die 185 nuwe gevalle is 97 vroue en 88 mans. Die jongste is vyf maande oud en die oudste 64 jaar oud. Dit is soos volg versprei: Windhoek 113, Swakopmund 19, Walvisbaai 10, Omaruru 3, Oshakati 12, Keetmanshoop 6, Lüderitz 1, Otjiwarongo 5, Okahandja 1, Mariental 4, Onandjokwe 3, Katima Mulilo 3, Gobabis 2, Rundu 1, Okahao 1 en Eenhana 1.
Volgens die adjunkminister is 14 701 kontakte sedert Maart identifiseer. Teen 30 Augustus het 8,7% (720) uit 13 820 kontakte positief getoets. In Augustus is 8 641 kontakte (61%) identifiseer, met 'n gemiddeld van 278 kontakte wat per dag vir die maand identifiseer is. Vir elke bevestigde geval is 'n gemiddeld van 2 kontakte identifiseer.
Volgens Muinjangue het nog 398 mense herstel wat die totaal op 3 327 te staan bring. Die huidige 398 sluit 387 in die Erongo- en 11 in die Omahekestreek in. Die aktiewe gevalle staan op 4 148 waarvan 13 ernstig tot kritiek is.
Tot op hede is 61 410 weefselmonsters getoets en is 1 725 mense huidig in kwarantyn in geriewe oraloor in die land.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie