Gesondheidsmanne vas oor hospitaaltender
Opknapwerk aan die staatshospitaal op Otjiwarongo het na bewering na tenderknoeiery op dié dorp gelei.
Twee administratiewe beamptes van die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste se kantoor op Otjiwarongo is op borgtog van N$5 000 elk vrygelaat ná hulle op klagte van bedrog van meer as N$1,3 miljoen vasgetrek is.
Mnre. Lennon Patrick Bock en Ronald Diergaardt, onderskeidelik die administratiewe beheerbeampte en administratiewe hoofbeampte, is op 14 Februarie ingevolge die teenkorrupsiewet op dié dorp in hegtenis geneem.
Hulle staan tereg op klagte van korrupsie, sameswering en die gebruik van vals dokumente in die toekenning van 'n tender vir opknapwerk aan die staatshospitaal op Otjiwarongo
Die Teenkorrupsiekommissie (ACC) sê in 'n verklaring die vermeende korrupsie is in Oktober 2014 gepleeg toe Bock en Diergaardt na bewering onwettiglik en op korrupte wyse direk of indirek hul posisies tot voordeel van hulself of 'n ander persoon misbruik het.
Die bewering is dat hulle vals kwotasies vir die opknapwerk onder die name ABT Trading Enterprises en Hexagon Trading CC bekom het en dit saam met die kwotasie van Hat World Trading CC en Haroldt //Geiseb aan die destydse permanente sekretaris (nou uitvoerende direkteur) in dié ministerie voorgelê het.
Volgens die verklaring het die beskuldigdes die tenderproses omseil en die prosedures nie nagekom nie, aangesien hulle nié drie kwotasies van moontlike kontrakteurs ingedien het nie.
Die tender van N$1 371 570,50 is na bewering toe aan Hat World Trading CC en Haroldt //Geiseb toegeken.
Verder het hulle nie die reëls van die verkrygingsproses gevolg en die opknapprojek vir goedkeuring aan die ekonomiese komitee in die streek voorgelê nie.
Hul verhoor is met hul verskyning in die landdroshof op Otjiwarongo tot 29 Maart uitgestel om hulle die geleentheid te gee om regsverteenwoordiging te kry.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie