Gesondheid: Opleidingshospitale nodig
Gesondheid: Opleidingshospitale nodig

Gesondheid: Opleidingshospitale nodig

Die minister het tydens die motivering van sy begroting planne, wette en dienslewering bespreek.
Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht



Die groot aantal mediese ­studente wat hul studies voltooi het, noodsaak die minis­terie van gesondheid en maatskaplike dienste om van ses bykomende hospitale opleidingshospitale te maak.

Om dié droom te verwesenlik moet spesialiste gewerf word, en die betrokke hospitale moet met die nodige mediese toerusting uitgerus word.



BEGROTINGSPLANNE

Die ministerie se hap van die nasionale begroting beloop vanjaar 11% - sowat N$6,5 miljard.

Hiervan is N$6,1 miljard vir bedryfskoste, terwyl N$390 miljoen aan ontwikkeling bestee sal word.

Inkomste wat gegenereer word uit pasiënte se fooie vir gesondheidsdienste vir die huidige finansiële jaar word op sowat N$71,4 miljoen beraam.

In die motivering van sy ministerie se begroting het dr. Bernard Haufiku gesê die trauma-eenheid van Windhoek se sentrale hospitaal gaan opgeknap word en na 'n vlak 2-traumasentrum opgehef word.

Omvattende sagteware gaan ook ingespan word sodat die proses van die inname tot die ontslag van ­pasiënte verbeter kan word.

WETTE HERSIEN

Die ministerie is tans besig met die hersiening van 'n aantal wette wat onder meer op die Raad vir Gesondheidsberoepe in Namibië (HPCNA), voedsel en veiligheid, bloedverwante en menslike weefsel, hospitale en gesondheidsgeriewe, geestesgesondheid, asook die voorkoming en behandeling van dwelmmisbruik betrekking het.

Omvattende en objektiewe konsultasies is ook in die pyplyn oor die Sterilisasie en Aborsiewet van 1974.



BETER DIENSLEWERING

Om te verseker dat Namibië voldoende gesondheidspersoneel vir die toekoms het en in 'n poging om dienslewering te verhoog, het die ministerie 'n program geïmplementeer wat fokus op 11 dokters wat in Tanzanië in verskeie mediese rigtings sal spesialiseer.

Aansoeke is ook goedgekeur vir 14 geregistreerde verpleegsters om nagraadse studie in nood- ­pediatrie­se sorg in Suid-Afrika te voltooi. 'n Verdere 252 studente is danksy 'n bilaterale ooreenkoms besig met mediese en tandheelkundige studies in Kuba. Meer as 200 mediese dokters het hul opleiding aan verskeie mediese skole dwarsoor die wêreld voltooi en sal na verwagting met hul internskap in Namibië begin.



OPKNAPPING

Windhoek se sentrale hospitaal se teater is tot wêreldstandaarde opgeknap, terwyl verskeie klinieke en gesondheidsentrums, onder meer Maxwili, Ngoma, Sesfontein en Onangulo, opgeknap is. Duisende dollar in belastinggeld is volgens Haufiku ook gespaar deur 'n besluit om antiretrovirale middels direk van die vervaardigers af aan te koop. Danksy programme wat die oordrag van MIV/vigs van moeder na baba voorkom, is dié koers met 1,89% op ses weke en 4,1% oor die algemeen verminder. Die sukses van die program het gelei tot 'n afname van 76% in nuwe pediatriese MIV-infekterings. Die ministerie kon voorts daarin slaag om 'n dekking van 86% vir antiretrovirale middels in lyn met die doelwitte van die Nasionale Strategiese Raamwerk te bereik.

Volgens Haufiku is 45 maatskaplike werkers opgelei in die voorkoming, behandeling en nasorg van alkohol- en dwelmverwante programme. Met verwysing na die administrasie van die Beskerming teen Atoomenergie en Bestralings het hy gesê 70% van 'n totaal van 261 geriewe is reeds in ooreenstemming met regulatoriese vereistes geëvalueer.

Met die hulp van die Globale Fonds is die ministerie besig om die Sentrale Mediese Store (CMS) op te knap om die verskaffingslyn van farmaseutiese produkte en verbruikersgoedere vir gesondheidsinstellings te verbeter.



KENNERS HELP

“'n Private kenner sal die stelsels en prosesse ontwerp en die bestuur daarvan oorneem. Dit sal die toeganklik­heid en verskaffing van medisyne aan pasiënte dwarsoor die land verbeter en die reusevermorsing van farmaseutiese produkte hokslaan.”

Die diensvlak van die CMS, 'n aanduiding in die store se vermoë om in die aanvraag na medisyne en verwante produkte te voldoen, het volgens Haufiku tydens die 2016-'17 finansiële jaar op 60% gestaan. Dié persentasie skryf hy toe aan verskaffers se onvermoë om by sperdatums te hou wat dikwels daartoe gelei het dat medisyne nie in voorraad was nie. Die wisselende rentekoerse en gevolglike hoër uitgawes is ook as 'n rede voorgehou.



PERSONEELSAKE

Die huidige personeelstruktuur van die ministerie is 26 jaar oud en nie in pas met die groeiende bevolking en nuwe en opkomende siektes nie. Danksy 'n gebrek aan finansiering kon die ministerie net 89% van die poste vul. Met die hulp van 'n herstruktureringsproses het die ministerie nou 'n nuwe struktuur met die hulp van die Wêreldgesondheidsorganisasie (WHO) ontwikkel.

“Dit is ongelukkig dat ons steeds negatiewe houdings onder gesondheidswerkers teenoor pasiënte sien. In die lig hiervan sal opleidingsinstellings meer klem op professionaliteit, empatie en respek vir menseregte gelê word.”

Die netheid van openbare gesondheidsgeriewe bly 'n twisappel wat die higiëne van geriewe nadelig beïnvloed.

“Die ministerie spandeer baie tyd en energie om die situasie te herstel en moedig skoonmaakpersoneel aan om hul pligte na te kom.”

Kommentaar

Republikein 2024-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

SerieA: Genoa 0 vs 1 SS Lazio European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!