Gesondheid: N$300 000 vir nalatigheid
Gesondheid: N$300 000 vir nalatigheid

Gesondheid: N$300 000 vir nalatigheid

Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht - Die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste (MoHSS) moet N$300 000 opdok ná ’n warmwaterbottel gebars en ’n pasiënt beseer het.

Me. Wilka Kasera het aanvanklik skadevergoeding van N$1,5 miljoen van die ministerie geëis ná die bottel op haar rug gebars het en brandwonde en blase veroorsaak het.

Kasera is op 3 September 2015 in die Windhoek Sentrale Hospitaal vir ’n mediese prosedure opgeneem, wat die volgende dag uitgevoer sou word.

Die betrokke voorval het in hierdie tyd plaasgevind.

Volgens Kasera het verpleegpersoneel haar nie verdere mediese sorg gebied toe sy die hospitaal verlaat het nie.

Haar eis van N$1,5 miljoen het N$1 miljoen vir pyn en lyding, N$400 000 vir toekomstige mediese uitgawes, N$100 000 vir die verlies aan inkomste en N$16 930 vir aanvanklike mediese uitgawes ingesluit.

Volgens ’n hofbevel van die hoërhof moet MoHSS nou N$350 00 as volle en finale skikking binne 60 dae terugwerkend van 12 Junie 2018 af aan Kasera uitbetaal.

Beide Kasera en MoHSS is vir hul eie regskoste verantwoordelik.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!