Gesondheid: man in sop oor voertuie
Henriette Lamprecht - ’n Werknemer in die vervoerafdeling van die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste is uit op borgtog nadat hy by ongerymdhede rondom regeringsvoertuie betrek is.
Die 50-jarige mnr. Erick Joseph Agen is ’n senior ambagsman by die ministerie en is tans uit op borgtog van N$5 000.
Volgens adj.komm. Edwin Kanguatjivi, polisiewoordvoerder, volg Agen se inhegtenisname op ’n ondersoek wat deur die polisie na die ministerie se vervoerafdeling van stapel gestuur is.
Onraad is vermoed toe twee dubbelkajuitbakkies, wat volgens Kanguatjivi “die kenmerke van ’n staatsvoertuig het”, met private nommerplate bespeur is.
Die ondersoek het gelei na ’n sekere garage in die hoofstad waar 50 voertuie gevind is wat aan die ministerie behoort.
“Ons weet nie hoekom daar so baie van dié voertuie by dié betrokke garage is nie. Het dit ’n kontrak met die regering, en wat maak dit daar? Dít is wat die ondersoek nou moet bepaal.”
Intussen het die ministerie by monde van sy woordvoerder bevestig ’n werknemer in die vervoerafdeling word by ongerymdhede rondom regeringsvoertuie betrek.
Volgens me. Manga Libita kan die ministerie egter nie enige verdere inligting bekend maak nie omdat die polisie se ondersoek steeds voortduur.
“Al wat ons in hierdie stadium kan bekend maak, is dat die ministerie ’n interne ondersoekspan saamgestel het om inligting in te samel wat ons kan help om te verstaan hoe dit gebeur het, hoeveel voertuie betrokke is en ook of enige ander individue daarby betrokke is,” het Libita gesê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie