Gesondheid kry meer as N$1 m. se toerusting

07 March 2019 | Gesondheid
Die ministerie van ­gesondheid en maat­skaplike dienste het mediese toerusting ter waarde van meer as N$1 miljoen van Ohorongo Cement en Support Ulm e.V. ontvang.

Dit is moontlik gemaak deur die Duitse weermag en sal gebruik word om bestaande mediese fasiliteite aan te vul.

Deur bemiddeling van Ohorongo Cement se afdeling vir korporatiewe maatskaplike verantwoordelikheid, die Ohorongo Otavi Gemeenskapstrust (OOCT), is onder meer chirurgiese toerusting, oogtoetsstelle, termometers, stetoskope, weegskale, bloeddrukmasjiene, EKG-toestelle en hospitaalbeddens geskenk.

Volgens adjunkminister Julieta Kavetuna sal die grootste deel van die skenking na intermediêre hospitale in die suide van die land gestuur word.

Oor die afgelope tien jaar het die OOCT en Support Ulm e.V. meer as 800 rolstoele, 300 ­hospitaalbeddens, ­bloeddrukmasjiene, looprame en ander broodnodige toerusting vir die ­openbare gesondheidsektor in Namibië geskenk.

Soortgelyk

 

Geingob: Gelukkig Vrouedag, vroue

1 dag gelede | Regering

President Hage Geingob sê hy erken die dapper pogings van vroue om beter gemeenskappe te skep en tot die voorspoed van die mensdom by te...

Verkrygingsraad presteer

1 dag gelede | Regering

Die Sentrale Verkrygingsraad van Namibië (CPBN) se raadsvoorsitter, mnr. Patrick Swartz, en administratiewe hoof, me. Lischen Ramakhutla, het vanoggend lig gewerp op uitdagings wat die...

Namibië topbestemming by ITB

1 dag gelede | Toerisme

Namibië is gisteraand as beste safari en wildbestemming by die Internasionale Toerismeskou in Berlyn (ITB) in Duitsland aangewys.Die minister van die omgewing en toerisme, mnr....

Wet slaan toe op wapenlisensies

2 dae gelede | Ministeries

Denver Kisting – Op die oomblik hoef iemand wat om ’n wapenlisensie aansoek doen, nie bewys te lewer dat hulle in staat is om ’n...

Reënweer vertoef langer

2 dae gelede | In beeld

Die Namibiese weerkantoor voorspel sonnige en baie warm weer vir vandag in die verre weste en suidweste van die land, terwyl dit elders gedeeltelik bewolk...

Water: Verligting ná hemelhoë rekeninge

2 dae gelede | Regering

Elvira Hattingh - Windhoekers wat vandeesmaand uitsonderlike hoë waterrekeninge ontvang het, kan ‘n sug van verligting slaak omdat die droogtetarief vir huishoudings net tot Januarie...

Kalender 8 Maart

2 dae gelede | Kuns en vermaak

Nou aan die gang» Tapz is 'n meester van die bira en die Wes-Afrikaanse djembe. Dit kan op sy debuutalbum, Awaited Wait, wat in Desember...

Jeuggeweld ruk Outjo

2 dae gelede | Misdaad

Denver Kisting Drie jongelinge van Outjo is steeds agter tralies nadat hulle glo sowat 'n maand gelede twee ander jong mans binne 43 minute doodgesteek...

Minister gee Nida nuwe raad

2 dae gelede | Plaaslik

Ogone Tlhage – Die raad van die nuwe agentskap vir nywerheidsontwikkeling in Namibië (Nida) sal gereeld moet vergader om homself as semi-staatsinstelling te vestig. So...