Gesondheid: Gru00f3u00f3t geld vir vyfjaarplan
Gesondheid: Gru00f3u00f3t geld vir vyfjaarplan

Gesondheid: Gróót geld vir vyfjaarplan

Een van die hoofdoelwitte van die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste se strategiese plan is om die gemiddelde lewensverwagting van Namibiërs tot 67,5 jaar te verhoog.
Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht – Byna N$39 miljard is oor die volgende vyf jaar nodig om die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste (MoHSS) se strategiese plan uit te voer.

Dit beteken N$7,7 miljard per jaar om kwessies hierin vervat “voldoende” te takel.

Die ministerie het vir die huidige boekjaar N$6,5 miljard van die tesourie ontvang, ’n afname van 10% teenoor verlede jaar se begroting.

Een van die hoofdoelwitte van die strategiese plan is om teen 2022 die gemiddelde lewensverwagting van Namibiërs van die huidige 58 jaar en danksy toegang tot kwaliteitsgesondheidsorg tot 67,5 jaar te verhoog.

Die minister, dr. Bernard Haufiku, het tydens die amptelike bekendstelling van die strategiese plan gemaan “ons moet doen wat gedoen moet word”.

“Ons moet onsself afvra wat gaan ons doen wat ons nog nie gedoen het nie. As ons die wil het, kan ons dit doen,” het Haufiku gesê wat die plan as ’n “mensgesentreerde dokument” beskryf het.

Die afname van die aantal TB-gevalle in die land is een van die suksesse wat met die vorige vyfjaarplan behaal is. Dié gevalle is af van 16 156 in 2004 tot 9 882 in 2014, ’n afname van 39%. Die sukseskoers vir behandeling is tans 87%. Die oordrag van MIV/vigs van moeder na kind het ook tot 3% verlede jaar gedaal. Daarmee saam staan die immunisering van kinders onder vyf jaar, sowel as die roetine-immuniseringsdekking op 88% teenoor die 76% van 2012/2013.

In 2015/2016 is 218 pasiënte na private instellings vir spesiale sorg soos onder meer dialise verwys. Pasiënte wat na hospitale in Suid-Afrika verwys is, het van 934 in 2014/2015 tot 1 092 in 2015/2016 gestyg.

Heup- en knievervangings by die Windhoek Sentrale Hospitaal het gestyg van onderskeidelik 19 en 11 in 2012/2013 tot 45 heup- en 31 knievervangings in 2014/2016. Geen knievervangings of skanderings is in 2014/2015 volgens ’n oorsig in die huidige vyfjaarplan hier uitgevoer nie. Laasgenoemde het wel aansienlik van 840 CT-skanderings by die hospitaal in 2102/2013 tot 2 898 in 2015/2016 gestyg.

Tydens die vorige vyfjaarplan het die Namibiese Medisyneraad (NMRC) ’n medisyneregister van 5 857 medisynes en ’n register vir veeartseny van 1 300 medisynes gevestig. Die diensvlakke vir farmaseutiese middels en verwante mediese verskaffers was ’n gemiddeld van 71%.

Met verwysing na die ministerie se personeelkorps was daar 11 270 poste waarvan 9 918 (88%) in die 2012-’13-boekjaar gevul is. In die vorige boekjaar was daar 13 082 poste waarvan 89% (11 700) gevul is.

Tydens die vorige strategiese plan is 41 gesondheidsgeriewe gebou wat klinieke en woonkwartiere insluit, terwyl 31 opgradeer is. In ’n poging om die welstand van families te verbeter, is 85 bejaardes uitgeplaas in behuisingseenhede vir onafhanklike lae-inkomste ouer persone (HUILOP) en ’n totaal van 34 uit 50 (68%) maatskaplike welsynsorganisasies geregistreer.

Langdradige werwingsprosesse, die negatiewe houding van personeel teenoor diensverskaffing, onvoldoende voorraadbestuur en voorsiening van medisyne, asook ’n gebrek aan verantwoordbaarheid bly steeds van die swakplekke in Namibië se openbare gesondheidsektor. Voorts word dit bedreig deur ’n hoogs-kompeterende private gesondheidsektor, uitbrekings van siektes, sowel as die globale ekonomiese resessie en wisselkoersskommelings.

Sterkpunte sluit in ’n sterk politieke wil, beleidsrigtings, redelike tot goeie infrastruktuur, minimum aanvaarbare toerusting wat beskikbaar is, sowel as ’n toename in die toeganklikheid tot anti-retrovirale dienste (ARV’s). Dié sterkpunte sal volgens die nuwe plan die wa deur die drif moet trek om onder meer die aantal moeder- en kindersterftes, asook vergoedingseise teen die ministerie te verminder en die aantal aptekers, dokters en verpleegsters te vermeerder.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!