Gesogte houtskoolseep nou op die rakke
Die droogte se swaarkry het boere genoop om alternatiewe produkte uit houtskool te maak, waarvan een ’n groot sukses blyk te wees.
Twee landbouers, wat al hul vee tydens die droogte moes verkoop en hulle tot houtskoolproduksie gewend het, het nou ’n seep daaruit ontwikkel.
Dié seep werk glo vir alles van aknee tot psoriasis, ekseem en spatare.
Dit is so hoog in aanvraag dat mnr. Johannes Kriel en me. Doré Lourens die seep vandeesmaand op kleinhandelaars se rakke moes plaas sodat dit direk aan die publiek verkoop kan word.
In ’n nuusverklaring wat mnr. Michael Degé, die Namibië Houtskoolvereniging (NCA) se bestuurder, uitgereik het, sê hy 2019 was ’n baie moeilike jaar vir die landboubedryf.
“In baie dele van die land het die droogte mense op hul knieë gehad. Die gevolge van die droogte gaan nog ’n paar jaar met ons wees. Daar is nog groot dele in die land wat onder die nagevolge van die droogte gebuk gaan,” sê hy.
Degé sê dit is juis dié swaarkry wat Kriel en Lourens laat besluit het om nie stil te sit nie en ander moontlikhede vir ’n ekstra inkomste te ontgin.
Houtskool was ’n goeie uitkoms vir hulle en hulle het ook besluit om meer gebruike daarvan te ondersoek.
Lourens, wat ’n aptekersagtergrond het, het die vervaardiging van houtskoolseep oorweeg.
Die seep moes ’n streng laboratoriumtoets ondergaan en is as ’n suiwer organiese produk gesertifiseer.
Die eerste prototipes is in Junie 2019 gemaak. Die eerste mense het dit begin gebruik en resultate is fyn dopgehou en gedokumenteer.
Mense met velprobleme het oënskynlik goed op die seep gereageer.
Gebruikers beweer dit verbeter onder meer aknee, verlig die simptome van psoriasis, ekseem en ’n olierige vel, maak kankervlekke ligter, verminder spatare, skilfers en velprobleme weens diabetes.
Kriel en Lourens kan nie voorbly om die produk aan mense te verskaf nie.
Degé meen hierdie is ’n goeie voorbeeld van hoe mense ander maniere kan vind om kop bo water te hou.
“Die NCA steun dié tipe projekte en gaan vanjaar na verskeie ander byprodukte van houtskool kyk, sodat produsente gehelp kan word om nuwe bronne van inkomste te kry,” sê hy.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie