Geslagsgeweld kán getem word
Sowat 70% van vroue in arm gemeenskappe in Suider-Afrika is slagoffers van geslagsgeweld.
Dit is moontlik om die voorkoms van geslagsgeweld met die helfte te verminder.
Dit vereis egter die toepassing van goed nagevorsde ingrypings, langtermyntoewyding en voldoende hulpbronne en finansiering.
Sukses is reeds in verskeie streke in die wêreld 'n werklikheid, wat Ghana, die Demokratiese Republiek die Kongo (DRC), Bangladesj, Pakistan en sekere dele van Suid-Afrika insluit.
Dít was die boodskap van 'n konferensie in Suid-Afrika wat gefokus het op die voorkoming van geweld teen vroue en kinders in Suider-Afrika.
Afgevaardigdes uit die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SADC), die Verenigde Nasies (VN) en Brittanje se departement vir internasionale ontwikkeling het die konferensie bygewoon.
Volgens die hoofspreker, me. Rachel Jewkes, kom geslagsgeweld meer in arm gemeenskappe voor en is dit juis hier waar die meeste werk gedoen moet word om dit hok te slaan.
Jewkes is verbonde aan die Suid-Afrikaanse Mediese Navorsingsraad.
“Geweld teen vroue en meisies is gewortel in patriargie. Dit is ook in die ontmagtiging van vroue en meisies gewortel. Daar is 'n intieme verband tussen geslagsgeweld en lae vlakke van onderrig onder beide meisies en seuns,” het Jewkes gesê.
Hoewel geslagsgeweld 'n wêreldwye verskynsel is, sê Jewkes dit kom veral in Suid-Afrika en Suider-Afrika voor waar tot 70% van vroue in arm gemeenskappe slagoffers is.
Volgens haar kan die gety tog gedraai word. Betekenisvolle ingrypings sluit onder meer die ontplooiing van opgeleide kampvegters in om die kernoorsake van geweld in gemeenskappe te takel wat in spesifieke situasies voorkom.
Sy sê positiewe resultate is verkry ná die nodige gesprekke begin is om kwessies met betrekking tot geestesgesondheid aan te spreek.
Sodoende is potensiële oortreders en slagoffers 'n reddingsboei gebied wanneer hulle dit nodig het.
Jewkes sê navorsing het getoon sulke ingrypings moet as medium- tot langtermynoplossings beskou word.
“Mense en gemeenskappe het voortgesette ondersteuning nodig. Dit is nie 'n vinnige oplossing nie, dit vereis toewyding en hulpbronne.”
Sy het ook die werk beklemtoon wat nodig is om kernoorsake van geslagsgeweld aan te spreek, wat gewortel is in die ekonomiese en maatskaplike marginalisering van vroue en meisies, sowel as geslagstereotipes wat geweld vererger.
Dié stereotipes word in die korporatiewe wêreld, openbare strukture, in skole en ook in plekke van aanbidding gehandhaaf.
Dit is 'n ingewikkelde kultuur wat aangespreek, uitgedaag en beëindig moet word, sê Jewkes.
Volhoubare weerstand tot stereotipering en ekonomiese marginalisering gekombineer met die ontplooiing van opgeleide kampvegters in gemeenskappe lewer goeie resultate, het sy gesê.
Die uitdaging is om dit oraloor Suider-Afrika toe te pas en meganismes vir langtermynoplossings te skep.
Duitsland se ambassadeur in Suid-Afrika, mnr. Martin Schäfer, het gesê die kernoorsake van geweld teen vroue en meisies is diepgewortel en verskil van land tot land.
“Elke streek het sy eie kulturele en ekonomiese werklikhede wat 'n rol speel. Ons het almal 'n rol om te speel – van gemeenskapswerkers tot dié wat die hoogste pos in die regering beklee,” het hy gesê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie