Geskorste Protea-bouler gou vervang
Geskorste Protea-bouler gou vervang

Geskorste Protea-bouler gou vervang

Krieket
Tinus van Staden



Krieket Suid-Afrika (KSA) sal binnekort 'n plaasvervanger vir Raisibe Ntozakhe in die Protea-vrouekrieketspan vir die T20-Wêreldtoernooi in die Wes-Indiese Eilande aankondig.

Die Internasionale Krieketraad (IKR) sê in 'n verklaring Ntozakhe se boulaksie is ná toetse as onwettig bevind, aangesien sy haar arm meer as die toegelate 15 grade buig wanneer sy die bal aflewer. Sy mag nie weer in internasionale krieket boul totdat sy weer 'n toets afgelê en geslaag het nie.

Ntozakhe is vroeër by die groep vir die T20-Wêreldtoernooi ingesluit. Dié toernooi vind van 19 tot 24 November plaas.

KSA het gister gesê Ntozakhe se boulaksie is ná die eendagwedstryd teen die Windies op 16 September in Barbados na die IKR verwys.

Sy het op 28 September 'n onafhanklike evaluering van haar boul­aksie by die Universiteit van Pretoria afgelê, waarna bevind is al haar aflewerings is strydig met artikel 6.1.2 van die IKR se regulasies vir boulers.

“KSA erken en respekteer die IKR se bevinding en het onmiddellike stappe gedoen om die speler te help om so gou as moontlik tot die speelveld terug te keer,” lui KSA se verklaring.

Sy sal by KSA se Sentrum vir Uitnemendheid bly en nou met die hoëprestasiebestuurder, Vincent Barnes, saamwerk om haar boulaksie te herskep.

“Die tydsberekening van die kwessie vir Raisibe en vir ons T20-Wêreldtoernooi-groep is uiteraard sleg, maar ons moet die kwessie hanteer,” sê Thabang Moroe, KSA se uitvoerende hoof.

KSA het 'n IKR-geakkrediteerde sentrum waar boulers se boulaksie getoets kan word.

- Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

SerieA: Genoa 0 vs 1 SS Lazio European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!