Geskiedkundige plek op Mars na Japie vernoem

25 March 2021 | Tegnologie
Ronelle Rademeyer
Namibië se geliefde dr. Japie van Zyl se enorme nalatenskap tot sonnestelselverkenning en instrumentasie by Nasa se Straalaandrywingslaboratorium (JPL), is deur 'n vernoeming op Mars gedenk.
Die plek waar Nasa se Perseverance-sending se Mars-helikopter, Ingenuity, sy eerste beheerde vlug op 8 April gaan onderneem, word Van Zyl Overlook genoem.
Van Zyl, wat op 26 Augustus verlede jaar ná 'n hartaanval in Pasadena in Suid-Kalifornië dood is, was die span se jarelange kollega, mentor en leier. Dit was sowat 'n maand nadat Perseverance gelanseer is.
Op 8 April gaan Nasa probeer om sy Ingenuity-minihelikopter te vlieg. Dit is tans aan die buik van die Perseverance-tuig op Mars geheg.
Voordat die vaartuig van 1,8 kg, wat Van Zyl se voorstel was, sy eerste beheerde vlug probeer, moet die tuig sowel as sy span op aarde nog “'n reeks uitdagende mylpale bereik”, het JPL in 'n verklaring gesê.
Van Zyl het hom in 1986 by JPL aangesluit en het gedurende 'n loopbaan van 33 jaar belangrike rolle vervul – onder meer as direkteur van die direktoraat sterrekunde en fisika, mededirekteur vir projekformulering en -strategie, en uiteindelik direkteur van die direktoraat vir sonnestelselverkenning.
As hoof van hierdie direktoraat het hy toesig gehou oor die suksesvolle operasies van Nasa-sendings soos Juno, Dawn en Cassini, die implementering van die Mars InSight-sending en talle ander vindingryke projekte.– [email protected]

Soortgelyk
Pryse van petrol, diesel styg
4 ure gelede | Energie
Baie nuwelinge kry viskwotas
4 ure gelede | Visserye
WHO vra vir verdere studies oor oorsprong van SARS-CoV-2-virus
4 ure gelede | Gesondheid
Sewe sterftes, 221 nuwe gevalle
5 ure gelede | Gesondheid
Windhoekers met agterstallige rekeninge se water en ligte gaan...
6 ure gelede | Infrastruktuur
Sluitingsdatum vir Shining Light verleng
7 ure gelede | Kuns en vermaak
Hoërskool Rehoboth gesluit tot ná Paasnaweek
10 ure gelede | Onderwys
Waarskuwingskote stuit vermeende diewe
21 ure gelede | Misdaad
Robberts bly in aanhouding
21 ure gelede | Howe
Kleinadvertensies