Geskiedkundige naweek lê vir Oranjemund voor
Ronelle Rademeyer
Die diamantdorp Oranjemund gee eerskomende naweek 'n reusetree die toekoms in wanneer dit amptelik vir mense van buite oopgestel word.
Dié dorp in Namibië se mees suidwestelike hoek is in die verlede deur Namdeb bestuur.
Aangesien dit in die spergebied geleë is, moes besoekers vir 'n permit aansoek doen om daarheen te kon reis. Volgens Oranjemund se dorpsraad beteken die oopstelling dat 'n nuwe ekonomiese sone vir sowat 300 km om die dorp aan weerskante van die Oranjerivier geskep word.
Springbok, Keetmanshoop, Rosh Pinah en Port Nolloth sal ook by verbeterde toerisme, handel en onderwysgeleenthede baat.
Die moontlikheid bestaan om die Ai-Ais/Richtersveld-oorgrenspark uit te brei tot by die //Khaeb (Spergebied) Nasionale Park.
Die oopstelling sal na verwagting werkgeleenthede skep en nuwe sakegeleenthede in verskeie sektore ontsluit. Die feesvieringe wat vir 14 Oktober geskeduleer was, moes weens die aanvanklike begrafnisreëlings van wyle me. Angelika Muharukua, goewerneur van die Kunenestreek, uitgestel word tot hierdie Saterdag sodat pres. Hage Geingob teenwoordig kan wees.
Aangesien van die besoekende kunstenaars nie geskuif kon word nie, is die afgelope Saterdag reeds met die gemeenskapsfees begin.
Die verrigtinge eerskomende Saterdag sluit uitstallings, 'n vlotoptog, verskillende sportaktiwiteite en ander feesvieringe in.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie