Geseënde Knersfees!

Luidens die jongste amptelike data kon konstruksie en handel die afgelope kwartaal opnuut nie die kop bo water hou nie.
Jo-Mare Duddy Booysen
Jo-Maré Duddy – Net meer as N$27 miljard het in die derde kwartaal vanjaar deur die Namibiese ekonomie gevloei, sowat ‘n halfmiljard minder as ‘n jaar gelede.

Dit beteken die land het die afgelope kwartaal met bykans -1,95% gegroei, die derde opeenvolgende kwartaal dat die ekonomie in die rooi gedompel is.

Die laaste keer toe die Namibiese ekonomie drie opeenvolgende kwartale ingekrimp het, was weens die wêreldwye finansiële krisis in 2008. In die laaste kwartaal van dié jaar het die ekonomie met -4,8% gegroei, gevolg deur -6,1% en -4,4% in die eerste twee kwartale van 2009.

Hersiende data wat gister deur die Namibië Statistiekagentskap (NSA) vrygestel is, toon die bruto binnelandse produk (BBP) het in die tweede kwartaal vanjaar met -0,7% gegroei, terwyl dit groei van -2,1% in die eerste drie maande van 2017 getoon het. In 2016 was groei van die eerste tot derde kwartale onderskeidelik 4,8%, -0,4% en -0,3%.

Konstruksie

Die jongste NSA-syfers toon konstruksie, asook groot- en kleinhandel is steeds in ‘n resessie vasgevang. Met ‘n resessie wat tegnies as twee opeenvolgende kwartale van negatiewe groei beskryf word, is die vis-, asook elektrisiteit- en watersektore nou ook in ‘n resessie.

Met -36,9% in die derde kwartaal was konstruksie vir die sewende opeenvolgende kwartaal in negatiewe groei vasgevang. Syfergewys was dit konstruksie se “beste” kwartaal tot dusver vanjaar: In die eerste twee kwartale van 2017 het dié sektor met -44,8% en -45,9% gegroei.

Geldgewys kon konstruksie die afgelope kwartaal N$815 miljoen in die ekonomie inpomp – N$476 miljoen minder as dieselfde kwartaal in 2016. Gemeet aan die konstante pryse van 2010 (wat inflasie in ag neem) kon konstruksie nog nie in ‘n enkele kwartaal vanjaar N$1 miljard tot die BBP bydra nie – ‘n minimumkerf wat sedert die derde kwartaal van 2013 telkens behaal is.

In die eerste nege maande van 2017 het konstruksie sowat N$2,4 miljard in totaal tot die BBP bygedra, sowat N$1,8 miljard of 43% minder as die ooreenstemmende tyd verlede jaar.

Handel

Ook groot- en kleinhandel het sy “beste” kwartaal tot dusver vanjaar agter die rug. Dié sektor het met -4,4% gegroei vergeleke met -8,2% in die tweede kwartaal en -7,5% in die eerste drie maande van 2017. In die derde kwartaal van 2016 was groei egter 3,6%.

Met groei van 0,1% is hotelle en restaurant – ‘n maatstaf vir die stand van toerisme – net-net terug in die groen ná dit in die eerste twee kwartale van 2017 in ‘n resessie was. In die derde kwartaal verlede jaar het dié sektor egter stewige groei van 6,4% getoon.

Visserye het effe swakker as ‘n jaar terug gevaar met groei van -1,3% (derde kwartaal, 2016: -1,1%). In die tweede kwartaal van 2017 het dié sektor met -8,6% gegroei.

Elektrisiteit en water se groei die afgelope kwartaal was -5,5%. Die vorige kwartaal se syfer was -1,1%. ‘n Jaar gelede het dié sektor met 1,3% gegroei.

Kommentaar

Republikein 2024-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Currency: GBP to NAD 23.67 | EUR to NAD 20.37 | CNY to NAD 2.64 | USD to NAD 19.12 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 133.91 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.88 | USD to EGP 48.28 | USD to KES 132.98 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.12 | USD to ZMW 25.65 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73271.44 Up +0.38% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1531.99 Up +0.70% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13455.65 Up +0.53% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28332.65 Down -4.5% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 390.59/OZ UP +0.45% | Copper US$ 4.47/lb UP +1.25% | Zinc US$ 2 862.90/T UP 1.45% | Brent Crude Oil US$ 87.49/BBP UP +0.37% | Platinum US$ 930.17/OZ DOWN -0.0065 Sport results: European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Weather: Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.67 | EUR to NAD 20.37 | CNY to NAD 2.64 | USD to NAD 19.12 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 133.91 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.88 | USD to EGP 48.28 | USD to KES 132.98 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.12 | USD to ZMW 25.65 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73271.44 Up +0.38% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1531.99 Up +0.70% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13455.65 Up +0.53% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28332.65 Down -4.5% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 390.59/OZ UP +0.45% | Copper US$ 4.47/lb UP +1.25% | Zinc US$ 2 862.90/T UP 1.45% | Brent Crude Oil US$ 87.49/BBP UP +0.37% | Platinum US$ 930.17/OZ DOWN -0.0065