Geraamtes val uit stad se 5G-kas
Geraamtes val uit stad se 5G-kas

Geraamtes val uit stad se 5G-kas

Bewering van miljoene vir omkopery om ’n ooreenkoms tussen die Windhoek-munisipaliteit en Huawei te verseker, is die nuutste korrupsieskandaal in die internasionale media.
Ronelle Rademeyer
Ronelle Rademeyer en Denver Kisting - Namibië se onderrok van korrupsie hang opnuut op die wêreldverhoog uit.

Dié keer in ’n onthulling oor die beweerde aanbieding van omkoopgeld om die Chinese tegnoreus Huawei se kontrak met die Windhoek-munisipaliteit vir die oprigting van die 5G-telekommunikasienetwerk in die hoofstad, te verseker.

Al Jazeera se ondersoekeenheid het gister berig N$40 miljoen is glo in ’n omkoopfonds beskikbaar vir mense om uit dié ooreenkoms voordeel te trek.

Die jongste onthulling van bedrog volg nadat die raadslid van die Rally for Democracy and Progress (RDP), me. Brunhilde Cornelius, op 19 Junie ’n verklaring by die polisie ingedien het oor hoe daar gepoog is om haar “met tussen N$5 miljoen en N$6 miljoen” te oorreed om nie verder beswaar te maak teen die munisipaliteit se ooreenkoms met Huawei nie.

’n Afskrif van dié volledige verklaring is gister aan Republikein beskikbaar gestel. Sy verduidelik daarin sy het in Februarie bewus geword van die verstandhoudingsooreenkoms wat die Windhoek-munisipaliteit met Huawei Chinese Telecom gesluit het om die infrastruktuur op te rig sodat die stad ’n telekommunikasiediens kan verrig. Dit is ná ’n lisensie hiervoor deur Cran, die regulerende owerheid vir die kommunikasiebedryf, aan die munisipaliteit uitgereik is.

Sy sê sy was nie ten gunste daarvan nie, omdat sy voel daar is plaaslike diensverskaffers wat dieselfde diens as Huawei kan verrig en omdat sy voel telekommunikasiedienste behoort nie deel van ’n plaaslike owerheid se diensleweringportefeulje te wees nie.

Cornelius sê sy het vroeg in Junie ’n telefoonoproep van mnr. Nicanor Ndjoze van die RDP ontvang en tydens ’n latere ontmoeting het hy haar meegedeel daar is mense wat bereid is om vir haar “iets te gee” as sy ophou om die ooreenkoms teen te staan.

“Hy het verder aangedui daar is meer as N$40 miljoen wat tussen verskeie mense verdeel kan word.” Hy het glo aangedui verskeie hooggeplaastes “is betrokke of het ’n belang by die kontrak”.

“Hy het dit duidelik gemaak hy is betrokke omdat sy nefie (hulle is van dieselfde nedersetting), mnr. Recliff Kandjoramuine, hoof van die munisipaliteit se inligting en kommunikasie-afdeling, hom genader het. Hy het aangedui ek kan tussen N$5 miljoen tot N$6 miljoen betaal word as ek sou ophou om die ondertekening van die verstandhoudingsooreenkoms teen te staan,” lui haar verklaring.

Sy vertel verder onder eed van ‘n ontmoeting op 20 Mei tussen haar, Ndjoze en Kandjoramuine waartydens die polisie, wie sy vooraf ingelig het, ’n afluisterapparaat op haar geplant het.

Die drie het by die Eagles Nest-restaurant naby Avisdam gaan eet en drankies geniet. Ndjoze het opdrag gegee dat hulle hul selfone in Kandjoramuine se voertuig los.

Tydens die gesprek het Kandjoramuine aangedui hy is die “meesterbrein” van die “Smart City”-konsep vir Windhoek waaraan die Huawei-ooreenkoms moet geboorte gee, blyk dit uit die verklaring.

Toe hy gister deur Republikein om kommentaar genader is, het hy gesê: “Met watter geld? Hoe sal ek omkoop?

Dit was nadat hy aanvanklik gesê het hy is nie in hierdie stadium by magte om op die beweringe teen hom kommentaar te lewer nie.

Volgens hom wag hy op die bevindinge van ’n onafhanklike ondersoek na die aantygings. Hy het geen verdere besonderhede oor dié beweerde ondersoek verstrek nie. “Ek weier om kommentaar te lewer. Ek is tans in ’n vergadering.”

Cornelius het op haar beurt gesê die waarheid is op die lappe. “Ek het niks om te sê nie. Die waarheid is uit.”

Later het sy in ’n telefoniese onderhoud gesê sy volstaan by dit wat gister deur Al Jazeera onthul is. “Dis 100% (waar).”

Sy sê die opnames wat tydens die ontmoeting gemaak het, is in die “veilige bewaring” van die polisie.

Op ’n vraag oor of sy vir haar veiligheid vrees, het Cornelius gesê: “’n Mens weet nie.” Sy maak in haar verklaring melding dat sy in April een aand onderweg huis toe deur ’n ander voertuig agtervolg is.

Mnr. Eben de Klerk, ’n prokureur en private ondersoeker wat deur die kommunikasiebedryf aangestel is om ondersoek in te stel na die munisipaliteit se poging om kommunikasiedienste in die hoofstad te monopoliseer, sê hierdie vermeende korrupsie is ’n tweede Fishrot vir Namibië. “Dit is niks ander as Cityrot nie,” meen hy.

Nóg komm. Joseph Shikongo, die bevelvoerder van die Khomasstreek, nóg adj.komm. Abner Agas, die koördineerder van misdaadondersoeke in die streek, het gistermiddag kennis gedra van die polisieondersoek na die vermeende korrupsie.

- [email protected]/[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-25

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma | AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United Katima Mulilo: 15° | 34° Rundu: 15° | 34° Eenhana: 15° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:02, High tide: 04:02, Low Tide: 22:08, High tide: 16:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 04:00, Low Tide: 22:06, High tide: 16:25 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 03:59, Low Tide: 22:06, High tide: 16:24 Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 19° | 32° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 18° | 31° Oranjemund: 14° | 21° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 14° | 26° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 18° | 25° Dar es Salaam: 23° | 26° Lusaka: 18° | 29° Harare: 15° | 29° Currency: GBP to NAD 23.73 | EUR to NAD 20.38 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 19.01 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.41 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1277.03 | USD to ZAR 19.01 | USD to ZMW 26.4 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 332.76/OZ UP +0.71% | Copper US$ 4.51/lb UP +1.74% | Zinc US$ 2 867.60/T UP 0.22% | Brent Crude Oil US$ 88.81/BBP UP +0.92% | Platinum US$ 914.39/OZ UP +1.36% Sport results: Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma | AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United Weather: Katima Mulilo: 15° | 34° Rundu: 15° | 34° Eenhana: 15° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:02, High tide: 04:02, Low Tide: 22:08, High tide: 16:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 04:00, Low Tide: 22:06, High tide: 16:25 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 03:59, Low Tide: 22:06, High tide: 16:24 Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 19° | 32° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 18° | 31° Oranjemund: 14° | 21° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 14° | 26° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 18° | 25° Dar es Salaam: 23° | 26° Lusaka: 18° | 29° Harare: 15° | 29° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.73 | EUR to NAD 20.38 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 19.01 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.41 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1277.03 | USD to ZAR 19.01 | USD to ZMW 26.4 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 332.76/OZ UP +0.71% | Copper US$ 4.51/lb UP +1.74% | Zinc US$ 2 867.60/T UP 0.22% | Brent Crude Oil US$ 88.81/BBP UP +0.92% | Platinum US$ 914.39/OZ UP +1.36%