Genomiese seleksie se voordele is hier
Genomiese seleksie se voordele is hier

Genomiese seleksie se voordele is hier

Bonsmara neem die voortou
Ronelle Rademeyer
Landbou-Redaksie - Ná ’n besluit sowat vyf jaar gelede om in genomiese seleksie vir die Bonsmara-beesras te belê, is die heel eerste genomiese BLUP-teelwaardes vir vleisbeeste in Afrika onlangs bekend gemaak.

Dié bekendstelling verteenwoordig nie net vooruitgang in die bedryf nie, maar maak dit moontlik vir Bonsmara­telers en hul kliënte van oor die wêreld heen om in die voordele van die jongste telingstegnologie vir vee te deel.



Die aanvanklike belegging is gefinansier deur eie geld en bydraes van telers.

SA Stamboek se veekundiges tesame met die Bonsmara-raad het die leiding geneem om die projek te beplan en die wetenskaplike beginsels na te volg wat nodig is om genomiese inligting deel van teelwaarde-voorspellings te maak.

Hoe werk dit?

Bonsmaratelers volg ’n stelsel waar ekonomies belangrike eienskappe gemeet en aangeteken word. Dit is ’n voorvereiste vir suksesvolle teelwaarde-voorspellings.

Die daarstel van ’n verwysingspopulasie is versnel toe die Beesvleisgenomika-program (BGP) in April 2015 op die been gebring is.

Te danke aan die toewyding van die Bonsmaratelers om nougeset te meet en aan te teken, het die fokus van deelname aan die BGP hoofsaaklik gewentel om soveel as moontlik invloedryke diere tot die verwysingspopulasie toe te voeg. Daar is ook later gekonsentreer om die genomiese profiele van vroulike diere wat ’n groot impak op die ras het, te bekom. Die voordeel hiervan is om belangrike ekonomiese eienskappe wat net by verse en koeie gemeet kan word, beter aan genomiese profiele te koppel.

Die gekose koeie het dus reeds akkurate BLUP-voorspellings vir die betrokke eienskappe. Dit sluit in:

ouderdom; eerste kalwing; kalfinterval; en moederlike invloede op geboorte- en speengewigte.

Om te verhinder dat kuddes of genetiese groepe diere lae verwantskappe met die genomiese inligting van die diere in die verwysingsgroep het, is alle telers ook aangemoedig om biologiese monsters (soos haarmonsters of semen) van hul gebruiksbulle in te stuur, sodat hierdie diere as verwysingsdiere ingesluit kan word. Terwyl die versameling van haarmonsters en semen van invloedryke diere plaasgevind het en die genomiese profiele bekom is, het die veekundiges by SA Stamboek met model- en stelselontwikkeling, evaluasie van programmatuur en toetsing van uitslae voortgegaan waar genomiese inligting deel van die BLUP-teelwaardes vorm.

Die tegnologie het in die tyd ook só ontwikkel dat die sogenaamde enkelstap-metodologie toegepas kon word.

Die jong diere

’n Belangrike voordeel is dus dat ’n genoomtoets op ’n jong dier duidelik aandui watter genekombinasie hy by sy ouers gekry het.

Aard die jong dier meer na die ouerlyn met die beter teelwaarde of nie? Die akkuraatheid waarmee die voorspelling van die genetiese meriete van jong diere gedoen word, is dus hoër as die voorspelling waar genoom-inligting nie bekend is nie.

Dit is veral van groot waarde waar eienskappe net op een van die twee geslagte gemeet (kan) word, soos die genetiese meriete van koeie om kleiner kalwers te kry of swaarder kalwers te speen.

Eienskappe wat tradisioneel ook net op bulle gemeet word, soos voerinname en hoe doeltreffend die dier dit benut, sowel as eienskappe wat met skandering geassosieer word, baat ook geweldig daarby as genoom-inligting by die BLUP-teelwaarde-voorspellings ingesluit word.

Die pad vorentoe

Die eerste Genomiese BLUP-teelwaardes vir Bonsmaras is al vanaf 1 Julie beskikbaar. Dit word ook voortaan deel van die gereelde roetine- genetiese ontledings wat maandeliks gedoen word.

Telers sal voortaan jong diere genomies kan toets en sodoende die akkuraatheid van die BLUP-teelwaardes vir dié diere verhoog. Dit verminder die risiko by besluitneming om teeldiere te selekteer wat in die toekoms ’n impak in kuddes sal maak.

Veral jong bulle is dus uitstekende kandidate om in die toekoms genomies te toets voordat hulle as kuddevaders oorweeg word, en veral as kandidate vir kunsmatige inseminasie.

Die diere waarvoor genotipes in die BLUP-ontledings ingesluit word, sal voortaan met die “GenoTyped”-logo gemerk word. – Netwerk24

*Meer inligting: Stuur e-pos na [email protected] (Bobbie van der Westhuizen), [email protected] (Bernard Burger) of [email protected] (Louis Steyl).

KASSIE

Wat is BLUP-teelwaardes?

BLUP staan vir die “beste liniêre onsydige beraming van die teelwaarde van diere”. Dit word onder meer gebruik om te bepaal hoe die dier se nageslag gaan presteer.

Luidens ’n gesamentlike verklaring wat deur SA Stamboek en Bonsmara SA uitgereik is, het die Bonsmara-ras die voortou geneem om genomiese seleksie in Afrika, en selfs in die wêreld, vir die ras ’n werklikheid te maak toe Bonsmara SA reeds in 2012 op ’n algemene jaarvergadering besluit het om in genomiese seleksie te belê. Invloedryke teeldiere se genomiese profiele is bekom ten einde ’n verwysingspopulasie te vestig.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!