Genoeg beddens, te min dokters
Die staat het 0.33 dokters en 2.02 verpleegsters vir elke 1 000 inwoners in 2018 gehad.
Henriette Lamprecht
Namibië se drie hospitaalbeddens vir elke 1 000 inwoners is hoër as die Wêreldgesondheidsorganisasie (WHO) se vereiste 2,7 beddens per 1 000 inwoners.
Die land skiet egter ver te kort as dit by verpleegsters en dokters kom, met Namibië wat net 0,3 dokters en 2,2 verpleegsters teenoor die WHO se standaard van onderskeidelik 1,5 en 3,4 kom. Die inligting is vervat in die WHO se globale statistiek vir die werksmag in die gesondheidsektor.
Namibië het tans 91 beddens in intensiewesorgeenhede (ICU’s) in beide die private en openbare gesondheidsektor oraloor in die land beskikbaar. Hiervan is 24 in staatshospitale en 67 in private hospitale.
Dié inligting is verlede jaar deur die minister van gesondheid en maatskaplike dienste, dr. Kalumbi Shangula, in die Nasionale Vergadering bekend gemaak. Die staat het 0.33 dokters en 2.02 verpleegsters per 1 000 inwoners in 2018 gehad.
Volgens Shangula het die staat 357 gesondheidsgeriewe wat klinieke, gesondheidsentrums, distrikshospitale en staatshospitale en 1 150 uitreikpunte insluit.
Volgens die eerste Health Expenditure Review wat enkele maande voor die Covid-19-pandemie uitgereik is, sorg dié instansies gesamentlik vir 7 551 beddens (oftewel 3,2 beddens per 1 000 inwoners).
Die meeste gesondheidsgeriewe is in ’n paar dorpe in die noordelike en sentrale streke van die land, met die Ohangwenastreek wat die minste beddens in verhouding met sy groot bevolking het. Volgens die verslag woon byna 21% van Namibiërs meer as 10 km van ’n gesondheidsverskaffer of dienste.
Die 24 beskikbare beddens in ICU’s in staatshospitale sluit in 14 beddens by die Windhoek Sentrale Hospitaal in die Khomasstreek waar 18% van die land se bevolking van sowat 2,5 miljoen woon, ses by die Oshakati-staatshospitaal en vier by die staatshospitaal op Onandjokwe. Laasgenoemde is die tuiste van sowat 60% van die land se inwoners.
Private hospitale het volgens die minister ’n gesamentlike 43 algemene ICU-beddens en 24 pediatriese ICU-beddens. In die private sektor is daar 27 ICU-beddens by die Lady Pohamba Private Hospitaal, 14 by Mediclinic-takke, vyf by die Rhino Park Private Hospitaal en tien by die Rooms-Katolieke Hospitaal, sê Shangula.
Aan die kus is volgens die Namibiese Vereniging vir Private Gesondheidsgeriewe (NAPH) vier by die Welwitschia Private Hospitaal, een by Ondangwa Medipark en ses by die Rundu Private Hospitaal.
Volgens die verslag beskik die private gesondheidsektor oor 101 geriewe wat 1 144 beddens hoofsaaklik in die Khomas- en Erongostreek bied.
Tans het Namibië 1 222 dokters in die private en openbare sektor, met die helfte wat in Khomas werk. Die staat het 0.33 dokters en 2.02 verpleegsters vir elke 1 000 inwoners in 2018 gehad.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie