'Gemsbokke pas goed op eiland aan'
Francoise Steynberg - Die minister van die omgewing en toerisme sê dit gaan goed met die vyf gemsbokke wat Namibië aan Mauritius geskenk het.
"Hulle het goed by die omgewing aangepas," het mnr. Pohamba Shifeta aan Republikein gesê.
"Gemsbokke is spesiale wilde diere wat by 'n verskeidenheid toestande en ander diere kan aanpas. Hulle kan maklik akklimatiseer," het die minister geantwoord op die vraag of die gemsbokke van 'n dorre land op 'n tropiese eiland sal aard.
Die vyf gemsbokke is middel Julie deur die Namibiese regering aan Mauritius vir sy 50ste onafhanklikheidsherdenking geskenk wat jaarliks op 12 Maart gevier word.
Volgens die ministerie se woordvoerder, mnr. Romeo Muyunda, kom die gemsbokke van Tweekoppies in die Otjiwarongo-distrik in die Otjozondjupastreek. Hy het gesê die verskuiwing van die bokke na Mauritius het N$79 200 gekos.
Die diere is geskenk aan die gewilde Casela-avontuurtoerismepark wat deel is van die Yemen-natuurreservaat, "as 'n simbool van die volgehoue vriendskapsbande tussen die twee lande," het die erekonsul van Namibië in Mauritius, me. Lynda Kok Shun, gesê.
Sy het die gemsbokke in ontvangs geneem.
"Die doelwit is om langtermyn- private-openbare vennootskappe te vestig en natuurbewaring te bevorder," het sy aan 'n plaaslike TV-stasie gesê.
Die adjunkminister van landbou en voedselsekuriteit van Mauritius, mnr. Mahen Seeruttun, het gesê die geskenk is 'n bewys van die lande se sterk diplomatieke betrekkinge.
Casela is langs die Rempartberg in die suidweste van die eiland geleë en 4 500 hektaar groot. Dit is die tuiste van inheemse en eksotiese fauna- en floraspesies. Twee van die langste riviere, die Rempart en Tamarin, vloei deur die park.
Prinses Stephanie van Monaco is die beskermvrou van die park.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie