Gemsbokke onwettig in park gejag

14 March 2019 | Misdaad
Henriette Lamprecht – Vyf mans het op die vlug geslaan nadat hulle Sondag in die Namib- Naukluftpark op heterdaad betrap is waar hulle gemsbokke geslag het.

Volgens ao. Daniel Gurirab, van die polisie in die Erongostreek, staar die verdagtes verskeie klagte in die gesig, onder meer die onwettige jag van jagbare wild, jag sonder ‘n geldige permit, die betreding van die park tussen sononder en sonop, en die dra van ‘n vuurwapen in ‘n park.

Volgens Gurirab het ‘n span bestaande uit lede van die ministerie van die omgewing en toerisme en Namibiese polisiereserviste op die verdagtes afgekom waar hulle besig was om gemsbokke te slag.

Die verdagtes het in ‘n bakkie op die vlug geslaan en is deur die groep agternagesit. Volgens Gurirab het die bakkie in riviersand vasgeval en het die verdagtes daarin geslaag om die polisie te voet te ontglip.

Die verdagtes het die bakkie en toerusting agtergelaat wat in die jagtog gebruik is.

Gurirab sê die waarde van die gemsbokke is na raming N$43 900.

Die bakkie is intussen geskut en die eienaar van die voertuig moet nog geïdentifiseer word.

Die ondersoek duur voort.

Soortgelyk

 

Grenspos in //Kharasstreek se toilette 3 jaar stukkend

44 minute gelede | Plaaslik

Die toilette by die Klein Menasse-grenspos in die //Kharasstreek is sedert 2016 buite werking. Die grenspos van die ministerie van binnelandse sake en immigrasie is...

Foto-uitstalling fokus op Namibiese pa's

2 ure gelede | Kuns en vermaak

Mnr. Lucas Bento is een van die pa’s wat deel is van ’n foto-uitstalling oor Namibiese pa's wat tans in die sentrum vir gestremdes in...

Pres. Uhuru Kenyatta kom vir Onafhanklikheidsvieringe

2 ure gelede | Gebeure

Namibië vier volgende Donderdag sy onafhanklikwording 29 jaar gelede by die Onafhanklikheidstadion in Windhoek, met pres. Uhuru Kenyatta (foto) van Kenia as eregas.Die ministerie van...

Boeing hok alle 737 Max 8-vliegtuie

5 ure gelede | Vervoer

Die Amerikaanse vliegtuigvervaardiger Boeing het al sy 737 Max 8-vliegtuie wat tans in die wêreld in gebruik is, gehok. Dit beteken nie een van dié...

Traagheid met aansoeke laat buitelanders hul weg na Namibië...

5 ure gelede | Regering

Die situasie van buitelanders wat die ministerie van binnelandse sake en immigrasie hof toe sleep vir vertragings in hul aansoeke vir status in die...

Opuwo-distrikshospitaal kry nog dokters

5 ure gelede | Gesondheid

Vier Namibiese dokters het hulle by die mediese personeel van die Opuwo-distrikshospitaal in die Kunenestreek aangesluit. Dit bring die totale aantal dokters wat nou hier...

Mandi Samson bedank by Air Nam

15 ure gelede | Vervoer

Ronelle Rademeyer Namibië se nasionale redery het aangekondig die waarnemende uitvoerende hoof, adv. Mandi Samson, het bedank.Vrydag is haar laaste werksdag.Air Namibia sê die soektog...

Voedselbank in die spervuur

15 ure gelede | Regering

Denver Kisting Me. Jennifer van den Heever van die amptelike ­opposisie, die Popular Democratic Movement (PDM), sê sy wonder of genoeg geld bekom is om...

Lüderitz se krane drup-drup

15 ure gelede | Regering

Byna twee dae nadat Lüderitz se krane plek-plek opgedroog het, skarrel inwoners en sake-eienaars rond op soek na water en antwoorde.Die dorp se watertekort is...