Gemoedere loop hoog op Omeya
Gemoedere loop hoog op Omeya

Gemoedere loop hoog op Omeya

'n Betaalgeskil, wat die laaste ruk op 'n gholflandgoed buite Windhoek woed, is gisteraand op die spits gedryf.
Denver Kisting
Denver Kisting - Alle aanduidings was dat die spanning gisteraand hoog sou loop op Omeya se spesiale ledevergadering.

Mnr. André van der Walt, die ontwikkelaar, het gistermiddag gesê hy was besorg oor sy veiligheid, omdat sommige huiseienaars in die verlede vyandig teenoor hom opgetree het.

Hy het bevestig veiligheidsmaatreëls vir gisteraand se verrigtinge is opgeskerp.

Oor die voortslepende sage wou hy nie veel sê nie.

“Luister, ek het regtig nie kommentaar nie.”

Volgens hom is dié 'n vertroulike aangeleentheid.

“Moet asseblief nie snaakse vrae vra nie. Dit is nie 'n openbare aangeleentheid nie.”

Minstens twee direkteure van die Omeya-gholflandgoed se huiseienaarsvereniging het voor gisteraand se vergadering bedank.

Mnr. Alex Klein, een van die ouddirekteure, het gister telefonies sy bedanking bevestig. “Ek het geen ander keuse gehad as om te bedank nie.”

Volgens hom wou die ontwikkelaar hom nie daar hê nie.

Klein het te velde getrek teen 'n aanlyn Republikein-plasing wat volgens hom die indruk gewek het huiseienaars wou van hom ontslae raak.

Dít, sê hy, is onwaar.

Nuus oor die ontplooiing van veiligheidswagte by gisteraand se verrigtinge het talle inwoners die harnas ingejaag.

Een het by navraag gesê: “Dit is f*kken belaglik.”

'n Ander inwoner het gistermiddag gesê: “Hier is chaos. Ons verwag chaos by vanaand se vergadering.”

Sy sê sommige huiseienaars doen sake met die ontwikkelaar en skaar hulle daarom by hom.

Agtergrond

Republikein het verlede week berig 'n inwoner van Omeya, mnr. Johannes Coetzee, het 'n geding teen die gholflandgoed se base aanhangig gemaak.

'n Storm broei veral sedert verlede jaar op dié landgoed sowat 40 km suid van die hoofstad weens 'n watertarieftwis.

Hoewel Coetzee die geding aanhangig gemaak het, sê hy die ander meer as 400 inwoners het 'n regstreekse belang in hoe die saak verloop.

Boonop is dit voor die hand liggend, sê hy, dat dié mense ook voordeel kan trek as die saak in sy guns beslis word.

Meer as 200 van dié inwoners het 'n groep van besorgdes gestig, sê hy, waarvan hy een van die leiers is.

In hofstukke wat onlangs geliasseer is, vaar Coetzee teen die landgoed se base uit wat hom aan onderdrukking en onredelike gedrag onderwerp.

Hy sê die ontwikkelaars het in Oktober verlede jaar die inwoners skielik vir waterverbruik begin faktureer.

Dit, meen hy, is enersyds onwettig en andersyds ongeldig.

Hierdie verwikkeling, wat naas die aanslaan vir watergebruik ook die betaling vir herwinning en berging daarvan insluit, is nooit eens tydens die tertafellegging van die jaarlikse begroting goedgekeur nie, sê hy.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!