Gemeenskap van Okahandja eis antwoorde

14 December 2018 | Regering
Gemeenskapslede van Okahandja het tydens 'n vergadering hul misnoeë met die dorp se huidige bestuur uitgespreek.

Mnr. Petrus Gariseb, 'n gemeen­skapsaktivis, het onder andere vir me. Martha Mwitilifa, ­uitvoerende hoof, aangevat.

“Ons is bekommerd daaroor dat die voortdurende stryd tussen jou en die verkose stadsraad gelei het tot die nie-implementering van raadsbesluite oor projekte wat ons almal kan bevoordeel. Is u bewus daarvan dat die munisipaliteit nie in staat is om hierdie dorp skoon te maak nie, want al die skoonmaaktoerusting is onklaar en daar is nie geld om dit te herstel nie?

“Intussen is privaat operateurs deur die verkose stadsraad aangewys om die dorp skoon te maak – 'n ooreenkoms wat sonder 'n raadsbesluit beëindig is.

“Dit het gelei tot die vuil toestand waarin die dorp hom tans bevind. Watter alternatiewe het jy in­gestel?” wou Gariseb weet.

Tydens die vergadering het die gemeenskap vir mnr. Steve Booys, raadslid vir die Okahandja-kies­afdeling, daarvan beskuldig dat hy die meesterbrein agter die ­sogenoemde gemeenskaps­belangegroep is.

Dié groep is volgens gemeenskaps­lede in die lewe geroep om chaos en verwoesting op die dorp te saai.

“Boonop sit jy in die middel van die verdeeldheid in die verkose stadsraad en jy maak 'n punt daarvan om enige projek te ­saboteer.”

Gariseb het ook me. Sophia Shaningwa, Swapo se sekretaris-generaal, aangevat oor die aanstel van leiers sonder om die gemeen­skap te raadpleeg.

Die gemeenskap het geëis dat sy haar opdrag vir die inhuldiging van nuwe raadslede terugtrek.

Hulle eis die onmiddellike inhuldiging van die huidige ­raadslede binne drie dae sonder enige ­veranderinge.

Hulle het ook die bevindings van die ondersoek geëis wat sy as voormalige minister van stedelike en landelike ontwikkeling in 2015 van stapel gestuur het.

Die gemeenskap wil hê Shaningwa se opvolger, mnr. Peya Mushelenga, moet die verslag vir hulle wys waarin hy haar beveel om die dorp se politieke leierskap te verander.

Laastens eis gemeenskapslede dat Mushelenga die verbod op grondverkope op Okahandja ophef.

Soortgelyk

 

'Boere se veglus verdwyn'

3 ure gelede | Landbou

Ronelle Rademeyer en Elvira Hattingh - Twee bekende boere van die Suide sê die droogte het boere op hul knieë.“Ek was gister by ’n veiling...

Egpaar herontdek skaars plantjie

3 ure gelede | Omgewing

Denver Kisting – ’n Dekaan by die Namibië Universiteit van Wetenskap en Tegnologie (Nust), dr. Rolf Becker, en sy vrou, me. Alma Moller, het verlede...

Kalender 18 Januarie

3 ure gelede | Kuns en vermaak

Nou aan die gang» Die Nasionale Kunsgalery van Namibië (NAGN) bied met trots Unam se beeldende kunste-uitstalling vir 2018 aan. Dié uitstalling is tans...

'DRK maak staat op ons'

3 ure gelede | Politiek

Inwoners van die Demokratiese Republiek van die Kongo (DRK) maak staat op lande deel van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SADC) om die land weer op die...

Operasie Hornkranz: Meer misdaad aangemeld

3 ure gelede | Misdaad

Augetto Graig Die Namibiese polisie het Woensdag by die Israel Patrick Iyambo-polisiekollege in Olympia terugvoering gegee aan die visepresident, mnr. Nangolo Mbumba, en die...

Weer vir 18 Januarie

3 ure gelede | Weer

BINNELAND: Sonnig en warm tot baie warm in die //Kharasstreek, andersins gedeeltelik bewolk en baie tot bloedig warm met 'n paar tot geïsoleerde donderbuie in...

'Die beste tyd van my lewe'

3 ure gelede | Kuns en vermaak

Lloyd ZandbergDie 22-jarige gebore Namibiër Kyle Farrer verwys na homself as koel en kalm. Jy kan dit aan sy voorkoms sien. Eenvoudig, maar deurdink, ‘n...

Besige jaar vir Windhoek se DBV

3 ure gelede | Omgewing

Mariselle Stofberg- Die Dierebeskermingsvereniging (DBV) in Windhoek het 3 695 diere gedurende 2018 ingeneem. Altesaam 2 207 honde, 1 434 katte en 54 ander diere...

Vreemde voetspore is dit toe nie

3 ure gelede | Plaaslik

Francoise Steynberg - Groot was die opgewondenheid van die boer mnr. Frederick de Koker toe hy in November verlede jaar vreemde "voetspore" in rotsformasies naby...