Gemeenskap moet polisie in taak steun
Gemeenskap moet polisie in taak steun

Gemeenskap moet polisie in taak steun

Tanja Bause
Tanja Bause - In hul stryd om misdaad te bekamp wend die Namibiese polisie 'n poging aan om ­gemeenskappe te mobiliseer.

Hul strategie sluit in die stig van ver­skeie teenmisdaadforums soos buurtwagte, jeuggroepe teen misdaad, en mans- en vrouenetwerke teen misdaad.

Van hierdie forums is al in verskeie streke ­gevestig en beduidende suksesse is al aangeteken.

Dié forums word gestig omdat die polisie misdaad nie alleen kan beveg nie.

“Om misdaad te beveg, is nie maklik nie, maar ons bly toegewyd en vasberade om almal in die land se veiligheid te alle tye te verseker,” lui 'n polisieverklaring.

Die polisie in die Hardapstreek het met 'n ­inligtingsveldtog begin om sulke forums in die streek te vestig.

Die veldtog beoog om vrywilligers te ­registreer wat die polisie in die stryd teen misdaad wil bystaan.



Registreer hier op Mariental:

9 Februarie by Cassablanca en Onawa.

10 Februarie by Woerman Brock en Agra.

11 Februarie by die Rynse Kerk.

12 Februarie by skole, hospitale en die ­munisipaliteit.

13 Februarie by die Hardap-streeksraad en binnelandse sake.

14 Februarie by Wimpy en verskeie ­gastehuise.

15 Februarie by die gevangenis, Kaap Agri en Namibia Dairies.

16 Februarie by Hardap Resort en die ­varkplaas.

18 Februarie by Gospel Mission-kerk en Whitehouse Location.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!