Geluk verg geen doktorsgraad

Jou geboortereg

01 February 2019 | Kuns en vermaak
Dr. Joseph Mukoroli, ‘n Namibiër, het onlangs sy tweede boek, Happiness has no PhD, bekend gestel.

Joseph is 'n Engelse dosent aan die Universiteit van Namibië (Unam) se hoofkampus.

Hy het 'n Teachers of English to Speakers of Other Languages(TESOL)-meestersgraad aan die S.I.T Graduate Institute in die VSA verwerf, en 'n doktorsgraad in taal en geletterdheid aan die Universiteit van Wes-Kaapland, in Suid-Afrika.

Joseph is 'n motiveringspreker, mentor, skrywer en filantroop.

Hy is 'n ywerige leser en reis graag oraloor die wêreld.

Ons leef in 'n era waar ons voortdurend na geluk op soek is.

Nog nooit in die geskiedenis van die mensdom was die soeke na geluk so intens nie.

In vandag se tegnologiegedrewe wêreld is ons soeke na geluk verbonde aan die aantal likes wat ons op Facebook, Twitter, Snapchat en ander sosialemediaplatforms kry.

Hierdie boek het ten doel om jou te bemagtig en hindernisse in jou hart te oorkom deur geluk self te kweek.

“My wens is wanneer jy aan die einde van hierdie boek kom, jy sal kies om 'n gelukkige lewe vol vertroue te lei. Onderwerpe wat in die boek aangespreek word, is onder meer: Geluk is jou geboortereg, en deur gelukkig te wees, kan jy jou krag terugkry.

“Die boek is self gepubliseer en bestaan uit 124 bladsye,” verduidelik Joseph.

Skakel 081 147 4631 om die boek aan te skaf.

Soortgelyk

 

‘Aarde lag deur haar gebarste gesig’

13 ure gelede | Weer

Ronelle Rademeyer – Groot dele van die Suide is vanoggend (Saterdag) sopnat.Die Facebook-blad Reën in Namibia van Philip Deetlefs is die ene jubelsange van dankbaarheid...

‘Aarde lag deur haar gebarste gesig’

13 ure gelede | Tuisblad

Ronelle Rademeyer – Groot dele van die Suide is vanoggend (Saterdag) sopnat.Die Facebook-blad Reën in Namibia van Philip Deetlefs is die ene jubelsange van dankbaarheid...

Parlement skop Woensdag sy werksaamhede af

1 dag gelede | Regering

Pres. Hage Geingob open Woensdag om 14:30 die Nasionale Vergadering se verrigtinge vir die jaar. Dit sal die negende sitting van die sesde parlement inlui.Die...

Registrasiefooie by NUST nou N$2 000 minder

1 dag gelede | Onderwys

Die Universiteit van Wetenskap en Tegnologie (Nust) se registrasiefooie is met N$2 000 van N$4 200 tot N$2 200 verminder. Dit volg nadat ouers en...

Man sterf in ongeluk naby Rehoboth

1 dag gelede | Ongelukke

‘n Man is Woensdag op slag dood nadat die voertuig waarin hy op reis was, die pad verlaat en omgeslaan het. Volgens die polisie se...

Grondwet mag nie ‘papierdroom’ wees

1 dag gelede | Mense

Ronelle Rademeyer - “Ons kan almal baie dankbaar wees vir die Grondwet wat ons geskryf en eenparig aanvaar het. Namibiërs se vryheid en beskerming lê...

Groter stoom vir TransNamib

1 dag gelede | Vervoer

font face="Verdana" > Augetto Graig - Die nasionale spoorwegonderneming TransNamib het ’n nuwe raad en strategiese besigheidsplan aangekondig waarmee die onderneming ’n nuwe rigting...

NSFAF: Finale betalings voor 28 Februarie

1 dag gelede | Onderwys

Die Finansiële Hulpfonds vir Namibiese Studente (NSFAF) het alle geld ontvang wat aan studente vir 2018-’19 uitbetaal moet word. Volgens die fonds het die verwerking...

Weer, Vrydag 8 Februarie 2019

1 dag gelede | Weer

BINNELAND: Sonning en bloedig warm in die verre noordweste. Elders sal dit gedeeltelik bewolk en baie tot bloedig warm wees met enkele tot wydverspreide donderbuie.KUS:...