Geluk 'U majesteit mammie' met jou verjaarsdag
Geluk 'U majesteit mammie' met jou verjaarsdag

Geluk 'U majesteit mammie' met jou verjaarsdag

Koningin Elizabeth II se 92ste verjaardag het Saterdag op 'n musikale noot begin toe die orkes buite haar wooneenheid in die Windsor-kasteel “Happy Birth­day” vir haar gespeel het, en in Hyde Park en by die Tower of Londen is kanonsalute ter ere van die Britse monarg afgevuur.

Daar is ook 'n verjaarsdagkonsert vir haar in die Royal Albert Hall in Londen gehou.

Koningin Elizabeth II het die konsert sonder prins Philip ­bygewoon, wat nog herstel ná 'n heupoperasie 'n paar weke gelede.

Prins Charles, wat Vrydag die goedkeuring van Statebondshoofde gekry het om ná sy ma se afsterwe die hoof van die Statebond te word, was by die konsert saam met sy vrou, Camilla, die hertogin van Cornwall, asook sy twee seuns, prins William en prins Harry. Ook prinses Anne, die koningin se enigste dogter, het saam met haar man sir Tim Laurence die konsert bygewoon.

Met Catherine, hertogin van Cornwall, wat hoogswanger is, was Saterdagaand 'n solo-­uitstappie vir prins William maar prins Harry is vergesel deur sy verloofde, Meghan Markle. Die Cambridges se derde kind word binne die volgende week verwag.

Prins Harry het Saterdagaand 'n toespraak tydens die konsert gelewer uit hoofde van sy nuwe amp, leier van die koningin se Statebondtrust, 'n nuwe ­jeugwelsynorganisasie waarvan die koningin hom die hoof gemaak het.

Prins Harry en Markle het vandeesweek reeds verpligtinge tydens die amptelike Statebondsberaad in Londen gehad en was vroeër Saterdag ook by 'n geleentheid vir die Invictus Spele, prins Harry se geesteskind.

Die konsert Saterdagaand het kunstenaars vanuit die 53 Statebondslande ingesluit: onder andere Suid-Afrika se Ladysmith Black Mambazo, die Australiese popster Kylie Minogue en ander gunstelinge van die koningin soos Tom Jones en Sting.

Prins Charles het ná afloop van die konsert saam met sy ma op die verhoog verskyn en “U ­majesteit, mammie” onder groot toejuiging gelukgewens. Toe was dit tyd vir die gehoor, kunstenaars, ­koorlede en orkes om die koningin vir oulaas weer toe te sing. 'n ­Gelukkige en feestelike verjaarsdag inderdaad! – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio European Championships Qualifying: Leicester City 2 vs 1 West Bromwich Albion English Championship: Leicester City 2 vs 1 West Bromwich Albion Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!