Geliefde inwoner sterf ná motorongeluk
''n Geliefde inwoner van Windhoek en iemand wat saam met haar man diep spore in hul gemeenskappe getrap het, die 77-jarige me. Yvonne Vermeulen, is Vrydag in Windhoek oorlede.
Vermeulen was saam met haar man, Marice (79), op 21 November in ''n kop-teen-kop-botsing met Belgiese toeriste op die pad tussen Grünau en Seeheim betrokke. Vermeulen en haar man het teruggekeer van ''n besoek aan onder andere hul dogter en haar gesin in die Kaap. Die ongeluk het omstreeks 14:30 plaasgevind, met die Vermeulen-egpaar wat twee ure vir ''n ambulans moes wag om hulle na die naaste hospitaal te vervoer. Die egpaar is aanvanklik in die staatshospitaal op Keetmanshoop opgeneem, waarna hulle per ambulans na Windhoek vervoer en later na die Rooms-Katolieke hospitaal oorgeplaas is. Beide Vermeulen en haar man het ernstige beserings opgedoen, met Vermeulen wat ook ''n operasie moes ondergaan. Agt dae ná die ongeluk het sy op 30 November in die hospitaal gesterf waar haar man steeds vir sy beserings behandel word.
Ds. Thijs van der Merwe het ''n spesiale gesinsdiens vir Vermeulen in haar man se hospitaalkamer gelei wat deur die egpaar se drie dogters en hul gesinne bygewoon is. ''n Troosdiens word ook op 20 Desember, op die dag wat die Vermeulens hul 53ste huweliksherdenking sou vier, om 17:30 by die NG Moedergemeente in Windhoek gehou. Vermeulen word benewens haar man oorleef deur drie dogters, Sharon, Maryvonne en Carol, en skoonseuns Ian, H.O. en Suat, asook vier kleinkinders.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie