Geliefde fietsryer sterf tragies
Geliefde fietsryer sterf tragies

Geliefde fietsryer sterf tragies

Nog 'n fietsryer is deur ’n voertuig op die westelike verbypad getref by Windhoek - dié keer met noodlottige gevolge.
Tielman van Lill
Tielman van Lill

Die 38-jarige me. Ingrid van Wyk-Scholtz, ’n bekende in fietsrykringe, is Vrydagnamiddag laat noodlottig op die westelike verbypad by Windhoek deur ’n minibus getref.

Sy is met ’n ambulans na ’n privaat hospitaal in Olympia geneem waar mediese personeel vergeefs om haar lewe geveg het.

Van Wyk-Scholtz, wat saam met twee vriende vir die 2019 Nedbank Desert Dash geoefen het, was net ná sononder naby die Universiteit van Namibië (Unam) op pad huis toe. Marion Schonecke en John Titus het saam met haar gery, maar Schonecke het dié twee alleen gelos en huiswaarts gekeer.

Titus het voor Van Wyk-Scholtz gery waar hulle aan die linkerkant van die pad in die noodbaan gery het. Die minibus wat in die rigting van Olympia op pad was, het die verkeer aan die linkerkant in die noodbaan verbygesteek en haar getref. Die bestuurder het na bewering van die toneel gevlug en is nog soek.

Titus het glo nie die voorval sien gebeur nie, maar onmiddellik iemand gekontak wat die nooddienste ontbied het.

Van Wyk-Scholtz, wat op 24 Oktober verjaar het, word as ’n vasbyter en ’n wonderlike vriendin beskryf. Dat sy geliefd onder haar vriende was, is nie te betwyfel nie. Sy het in 2017 haar eerste Dash as ’n soloryer voltooi nadat haar spanmaat onverwags weens ’n swangerskap moes onttrek.

Alhoewel sy nie erkenning vir haar moed en dapperheid ontvang het nie, het sy die afstand suksesvol voltooi. Verlede jaar het sy weer die Dash as ’n soloryer aangedurf, maar nadat sy weens swak sig nie kon klaar maak nie, het sy besluit om vanjaar die moordende marathon van meer as 360 kilometer saam met Karin Brockmann aan te pak.

Brockmann was ten tyde van die tragedie in Suid-Afrika en het eers Saterdagaand laat die slegte nuus ontvang.

"Ons het verskriklik baie daarna uitgesien om die Dash saam te doen en was vol vertroue dat ons lekker gaan ry. Dit is ‘n geweldige groot verlies vir die fietsrygemeenskap. Sy was ‘n besondere mens en baie gewild onder haar medefietsryers en almal wat haar geken het,” het Brockmann aan Republikein gesê.

Nedbank Namibia, wat die Desert Dash borg en nou betrokke by fietsry is, het ook op haar dood gereageer.

“Soos almal in die fietsrygemeenskap is ons die getref deur die ontydige heengaan van Ingrid. Sy en haar seun, Jaden, het altyd al ons Nedbank-fietsrybyeenkomste ondersteun. Ons treur saam met haar geliefdes.

“Ons sal haar breë glimlag in die groepe mis waar sy haar merk gemaak het. Sy gaan gemis word. Mag haar familie en vriende troos vind in die mooi herinneringe wat sy nalaat. Ons sal soos altyd ons stem by elkeen voeg wat vir die veiligheid van ons fietsryers veg,” het die bank in sy verklaring gesê.

Cycling Buddies het op Facebook ’n pleidooi gerig.

“Beste bestuurder (van die bussie), jy het Vrydag nie net die lewe van ’n medefietsryer geneem nie, maar ook die ma van ’n jong seun, ’n dogter van ’n moeder, iemand se suster, skoonsuster en ‘n niggie gesteel. Jy het iemand se tannie, ’n kollega en ’n geliefde vriend van ons weggeneem.

“Dit alles weens jou onverantwoordelike en sinnelose verontagsaming van die padreëls van ons land. Jy het ’n kans om jouself aan Nampol te oorhandig. Ons rig ’n pleidooi aan die passasiers in die bussie of enige ander ooggetuie om na vore te kom sodat ons geregtigheid vir Ingrid kan laat geskied,” lees die plasing.

Inligting kan aan sersant Petrus by 081 237 2089 gegee word.

Familielede het reeds Saterdagnamiddag vir Ingrid ’n roudiens by die VGK Kerk in Khomasdal gehou. Van Wyk-Scholtz word deur haar man, Herman, seun Jaden (14 jaar), haar moeder en twee broers oorleef.

Kommentaar

Republikein 2024-04-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Fulham 1 vs 3 Liverpool | Aston Villa 3 vs 1 Bournemouth | Crystal Palace 5 vs 2 West Ham | Everton 2 vs 0 Nottingham Forest | Wolves 0 vs 2 Arsenal | Luton Town 1 vs 5 Brentford | Sheffield United 1 vs 4 Burnley LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca | Real Madrid 3 vs 2 Barcelona | Deportivo Alaves 2 vs 0 Atletico Madrid | Almería 1 vs 2 Villarreal | Getafe 1 vs 1 Real Sociedad | Girona 4 vs 1 Cadiz | Valencia 1 vs 2 Real Betis | Rayo Vallecano 2 vs 1 Osasuna | Celta Vigo 4 vs 1 Las Palmas SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna | Monza 1 vs 2 Atalanta | Salernitana 0 vs 2 Fiorentina | Torino 0 vs 0 Frosinone | Sassuolo 0 vs 3 Lecce | Hellas Verona 1 vs 0 Udinese | Empoli 1 vs 0 Napoli European Championships Qualifying: Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday | Queens Park Rangers 1 vs 0 Preston North End | Norwich City 1 vs 1 Bristol City | Huddersfield Town 0 vs 4 Swansea City | Stoke City 3 vs 0 Plymouth Argyle | Cardiff City 2 vs 1 Southampton | Rotherham United 0 vs 0 Birmingham City | Sunderland 0 vs 1 Millwall FC | Watford 0 vs 0 Hull City | Leicester City 2 vs 1 West Bromwich Albion FA Cup: Coventry City 3 vs 3 Manchester United | Manchester City 1 vs 0 Chelsea English Championship: Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday | Queens Park Rangers 1 vs 0 Preston North End | Norwich City 1 vs 1 Bristol City | Huddersfield Town 0 vs 4 Swansea City | Stoke City 3 vs 0 Plymouth Argyle | Cardiff City 2 vs 1 Southampton | Rotherham United 0 vs 0 Birmingham City | Sunderland 0 vs 1 Millwall FC | Watford 0 vs 0 Hull City | Leicester City 2 vs 1 West Bromwich Albion Katima Mulilo: 15° | 36° Rundu: 15° | 35° Eenhana: 17° | 36° Oshakati: 18° | 35° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 32° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 15° | 20° Wind speed: 23km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:08, High tide: 03:09, Low Tide: 21:13, High tide: 15:31 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 31km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:06, High tide: 03:07, Low Tide: 21:11, High tide: 15:29 Walvis Bay: 16° | 25° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:06, High tide: 03:06, Low Tide: 21:11, High tide: 15:28 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 33° Keetmanshoop: 20° | 33° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 27° Ariamsvlei: 20° | 32° Oranjemund: 13° | 20° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 15° | 27° Mbabane: 16° | 25° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 16° | 29° Maputo: 20° | 29° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 22° Durban: 19° | 25° Johannesburg: 19° | 29° Dar es Salaam: 23° | 28° Lusaka: 17° | 30° Harare: 15° | 30° Currency: GBP to NAD 23.71 | EUR to NAD 20.49 | CNY to NAD 2.65 | USD to NAD 19.24 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.73 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.7 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.4 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.88 | USD to EGP 48.03 | USD to KES 133.48 | USD to NGN 1230 | USD to ZAR 19.25 | USD to ZMW 25.8 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73551.13 Up +0.26% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1526.82 Down -0.34% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13302.28 Down -1.12% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28144.22 Down -1.67% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 302.31/OZ DOWN -0.0135 | Copper US$ 4.40/lb DOWN -0.0144 | Zinc US$ 2 788.50/T DOWN -1.6% | Brent Crude Oil US$ 86.85/BBP DOWN -0.0037 | Platinum US$ 909.27/OZ DOWN -0.0127 Sport results: Premier League: Fulham 1 vs 3 Liverpool | Aston Villa 3 vs 1 Bournemouth | Crystal Palace 5 vs 2 West Ham | Everton 2 vs 0 Nottingham Forest | Wolves 0 vs 2 Arsenal | Luton Town 1 vs 5 Brentford | Sheffield United 1 vs 4 Burnley LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca | Real Madrid 3 vs 2 Barcelona | Deportivo Alaves 2 vs 0 Atletico Madrid | Almería 1 vs 2 Villarreal | Getafe 1 vs 1 Real Sociedad | Girona 4 vs 1 Cadiz | Valencia 1 vs 2 Real Betis | Rayo Vallecano 2 vs 1 Osasuna | Celta Vigo 4 vs 1 Las Palmas SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna | Monza 1 vs 2 Atalanta | Salernitana 0 vs 2 Fiorentina | Torino 0 vs 0 Frosinone | Sassuolo 0 vs 3 Lecce | Hellas Verona 1 vs 0 Udinese | Empoli 1 vs 0 Napoli European Championships Qualifying: Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday | Queens Park Rangers 1 vs 0 Preston North End | Norwich City 1 vs 1 Bristol City | Huddersfield Town 0 vs 4 Swansea City | Stoke City 3 vs 0 Plymouth Argyle | Cardiff City 2 vs 1 Southampton | Rotherham United 0 vs 0 Birmingham City | Sunderland 0 vs 1 Millwall FC | Watford 0 vs 0 Hull City | Leicester City 2 vs 1 West Bromwich Albion FA Cup: Coventry City 3 vs 3 Manchester United | Manchester City 1 vs 0 Chelsea English Championship: Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday | Queens Park Rangers 1 vs 0 Preston North End | Norwich City 1 vs 1 Bristol City | Huddersfield Town 0 vs 4 Swansea City | Stoke City 3 vs 0 Plymouth Argyle | Cardiff City 2 vs 1 Southampton | Rotherham United 0 vs 0 Birmingham City | Sunderland 0 vs 1 Millwall FC | Watford 0 vs 0 Hull City | Leicester City 2 vs 1 West Bromwich Albion Weather: Katima Mulilo: 15° | 36° Rundu: 15° | 35° Eenhana: 17° | 36° Oshakati: 18° | 35° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 32° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 15° | 20° Wind speed: 23km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:08, High tide: 03:09, Low Tide: 21:13, High tide: 15:31 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 31km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:06, High tide: 03:07, Low Tide: 21:11, High tide: 15:29 Walvis Bay: 16° | 25° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:06, High tide: 03:06, Low Tide: 21:11, High tide: 15:28 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 33° Keetmanshoop: 20° | 33° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 27° Ariamsvlei: 20° | 32° Oranjemund: 13° | 20° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 15° | 27° Mbabane: 16° | 25° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 16° | 29° Maputo: 20° | 29° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 22° Durban: 19° | 25° Johannesburg: 19° | 29° Dar es Salaam: 23° | 28° Lusaka: 17° | 30° Harare: 15° | 30° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.71 | EUR to NAD 20.49 | CNY to NAD 2.65 | USD to NAD 19.24 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.73 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.7 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.4 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.88 | USD to EGP 48.03 | USD to KES 133.48 | USD to NGN 1230 | USD to ZAR 19.25 | USD to ZMW 25.8 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73551.13 Up +0.26% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1526.82 Down -0.34% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13302.28 Down -1.12% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28144.22 Down -1.67% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 302.31/OZ DOWN -0.0135 | Copper US$ 4.40/lb DOWN -0.0144 | Zinc US$ 2 788.50/T DOWN -1.6% | Brent Crude Oil US$ 86.85/BBP DOWN -0.0037 | Platinum US$ 909.27/OZ DOWN -0.0127