Geldknyp vertraag hervestiging

Grondhervormingprogram 'sal verantwoordelik wees’

13 March 2018 | Ministeries
Catherine Sasman - Die minister van grondhervorming, mnr. Utoni Nujoma, het gesê voorlopige werk is reeds gedoen vir die grondhervormingskonferensie wat volgens die president later vanjaar sal plaasvind.

Nujoma het gesê 'n datum is nog nie bevestig nie, maar sy ministerie werk saam met die kantoor van die eerste minister.

Hy het gesê hy hoop dit sal Namibiërs 'n platform bied waar hulle insette kan lewer om 'n "redelike" grondhervormingsproses te verseker wat aanvaarbaar vir alle burgers en internasionale beleggers sal wees.

“Dit sal 'n redelike grondhervormingsprogram wees," het Nujoma gister (12 Maart) tydens 'n driedaagse hersiening- en beplanningwerkswinkel in Windhoek gesê.

AANKOPE EN ONTWIKKELING

Die ministerie het beplan om grond vir hervestigingsdoeleindes van 3,1 miljoen hektaar tydens die voormalige strategiese plantydperk (2017-’18) te bekom, maar kon slegs 836 000 hektar koop wat bestaan uit 155 plase ten bedrae van N$1,1 miljard.

Tydens die 2017-'18-tydperk het die ministerie beplan om 579 begunstigdes te hervestig, maar slegs 365 begunstigdes is op 104 plaaseenhede in die streke van ||Kharas (26), Erongo (26), Hardap (104), Khomas (10), Kunene (24), Omaheke (99), Oshikoto (1) en Otjozondjupa (75) hervestig.

Nujoma het gesê dit was omdat die meeste geskikte plase (360 plase van altesaam 996 202 hektaar) aan die staat gebied is nadat daarvan afstand gedoen is ten gunste van die kandidate van die Regstellende Aksie Leningskema (AALS).

Hy het gesê vir die vyfde Nasionale Ontwikkelingsplan (NDP5) se tydperk is N$2,1 miljard vir plaasaankope aangewys, maar volgens hom is dit nie genoeg om die oorlywende 1,9 miljoen hektaar plaasgrond te koop wat teen 2020 benodig word nie.

Nujoma het gesê om dié teiken teen 2020 te bereik, moet die ministerie 60 000 hektaar vir jaar vir die volgende drie jaar koop. Dit sal N$2 miljard per jaar kos, of N$6,1 miljard oor die volgende drie jaar.

Slegs 136 begunstigdes sal op 224 123 hektaar grond oor die volgende vyf jaar hervestig word.

Nujoma het gesê die program vir kommunale grondontwikkeling (PCLD ) “werp vrugte af”.

Hierdie program word gesamentlik deur die Europese Unie en die Duitse en Namibiese regerings ondersteun met "aansienlike sosioëkonomiese beleggings" wat aan kommunale boere gegee word.

INFRASTRUKTUUR

Altesaam 286 000 hektaar grond is ontwikkel met 857 km omheinings, 20 veeldoelige krale is opgerig, 30 boorgate is geboor en nog 30 is gerahibiliteer, en waterpyplyne van 98 km is in die streke van Kavango-Oos en -Wes, Ohangwena, Omusati en Zambezi geïnstalleer.

Nujoma het gesê hierdie infrastruktuur-ontwikkeling sal 7 800 plaashuishoudings bevoordeel.

Infrastruktuur-ontwikkelingsprojekte is ook vir die volgende finansiële jaar in die vooruitsig vir die Otjozondjupa- en Omahekestreek.

'n Totaal van 177 593 kommunale grondregte is gekarteer en gedigitaliseer, waarvan 90% van die 196 000 kommunale grondregte nasionaal geregistreer kan word.

Nóg 116 220 gewoontereg-grondregte (of 65%) is geregistreer en gedigitatliseer en 101 432 sertifikate is uitgereik. Hierdie program sal na verwagting 'n impak op 500 000 burgers hê.

'n Aantal huurooreenkomste onder die hervestigingsprogram is ook gefinaliseer, waarvan 16 in Otjozondjupa, 19 in ||Kharas, nege in Kunene, vier in Erongo, sewe in Oshikoto, een in Khomas en vyf in Hardap gesluit is.

Tydens hierdie finansiële tydperk is 21 894 titelaktes en 3 776 deeltitelaktes geregistreer en hierdeur is meer as N$2,5 million in inkomste gegenereer.

Eiendomsregistrasie duur voort met 44 898 aktedokumente wat tot dusver gedigitaliseer is.

WAARDASIEROL

Die hoofwaardasierol vir 2012 is deur die waardasiehof in November 2016 goedgekeur en die ministerie van grondhervroming het die tariewe en belasting derhalwe afwaarts hersien in reaksie op die toename in grondwaardes, het Nujoma gesê.

Hy het gesê as as dit teen die huidige koers voortgeduur het, sou grondeienaars hoë grondbelasting betaal het.

Tog het boere teen die besluit van die waardasiehof in die hoërhof geappelleer en die saak duur steeds voort.

Intussen het die ministerie voortgegaan om die grondbelastingassesserings van 2016-'17 uit te reik, gebaseer op die 2012-waardasierol.

Nadat die hoërhof op 21 Februarie 2018 die uitreiking van die belastingaangeleenthede op kommersiële landbougrond gestop het, kan geen kommersiële landbougrondtransaksies plaasvind voordat die interdik opgehef word of die hersieningsaak geskraap word nie, het Nujoma gesê.

Hy het gesê nieteenstaande die interdik onderhandel die ministerie met belanghebbendes om 'n oplossing vir die gevolge van die interdik te vind.

Die 2017-'18-waardasierol word tans voorberei en sal in die tweede kwartaal van die 2018-'19 finansiële jaar beskikbaar wees.

Tydens 2016-'17 is N$20,8 miljoen in grondbelasting ingevorder.

Soortgelyk

 

Studie-debakel vir Namibiërs in Zambië

1 dag gelede | Gesondheid

Die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste is deur die Namibiese hoë kommissariaat in Zambië gewaarsku dat twee universiteite in dié buurland waar 91 Namibiese...

Meatco heroorweeg BTW-besluit

1 dag gelede | Landbou

Nuus van Meatco se herinstelling van die betaling van 15% BTW (belasting op toegevoegde waarde) op alle beestransaksies by die abattoir, is deur die NLU...

Slaggate teen einde Julie herstel

1 dag gelede | Infrastruktuur

Die munisipaliteit van Windhoek verwag dat alle slaggate van die hoofstad se paaie teen einde Julie herstel sal wees. Die woordvoerder van die munisipaliteit, me....

Onderwyseres ‘ontvoer’ skoolmeisie glo vir seks

2 dae gelede | Howe

Henriette Lamprecht – ’n Onderwyseres van ’n hoërskool in die Suide het gister in die hof verskyn op aanklagte dat sy glo ’n skoolmeisie ontvoer...

Sokkerkoors loop hoog!

2 dae gelede | In beeld

Die opening van 2018 se Wêreldbekersokkertoernooi het gister by die Luzhniki-stadion in Moskou plaasgevind. Nagenoeg 80 000 sokkerliefhebbers het die seremonie bygewoon en die immerbekende...

Vakbond, regering stamp kop oor huishulpe

2 dae gelede | Arbeid

Augetto Graig – Die permanente sekretaris in die ministerie van arbeid, nywerheidsbetrekkinge en werkskepping, mnr. Bro-Matthew Shinguadja, sê daar steek geen waarheid in die Namibiese...

Vaarwel aan Daantjie Louw

2 dae gelede | Mense

Tielman van Lill - “Stil, broers, daar gaan ‘n man verby, hy groet, en dis verlaas . . . ”Só is die woorde van die...

Netumbo by slenters betrek

2 dae gelede | Ministeries

Denver Kisting – Slenters doen tans die ronde waarby die adjunk- eerste minister en die minister van internasionale betrekkinge en samewerking, me. Netumbo Nandi-Ndaitwah, betrek...

Weer vir 15 Junie 2018

2 dae gelede | Weer

WEERWAAK: ‘n Koue front en buie word in die ||Kharasstreek en suidelik kus verwag.BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en koud tot matig in die Suide met enkele...