Geldgebrek kan innovasie nie pootjie, sê Geingob

AU-beraad vir wetenskap, tegnologie

08 November 2018 | Regering
Die Universiteit van Namibië (Unam), wat met minder as US$10 000 'n projek suksesvol kon voltooi om varswaterkurper in seewater te laat aanpas, is die afgelope naweek deur die staatshoof as 'n toonbeeld van innovasie in Malawi uitgelig.

'n Gebrek aan geld beteken nie ­Afrikalande kan nie innoverend op die gebied van navorsing en ontwikkeling wees nie, het pres. Hage Geingob Saterdag in Lilongwe gesê.

Hy was 'n spreker by die eerste ­buitengewone beraad van die Afrika-unie (AU) se komitee belas met onderwys, ­wetenskap en tegnologie, bestaande uit 10 staats- en regeringshoofde.

Volgens die AU se webwerf het pres. Arthur Mutharika van Malawi en die eerste ­minister van Senegal, mnr. ­Mahammed Boun Abdallah Dionne, asook ander hoogge­plaastes van Afrika­regerings dié beraad bygewoon.

Die vasteland besef die belangrike rol wat navor­sing, ontwikkeling en ­innovasie in Afrika se ­nywerheidsbehoeftes speel, het Geingob gesê. Die meeste lande, insluitende Namibië, ervaar egter 'n geld- en kapasiteittekort op dié gebied, het hy bygevoeg.

“Min hulpbronne beteken nie ons kan nie innoveer nie,” het Geingob gesê.

Namibië is besig om sy biotegnologie rakende dierevoortplanting te versterk. ­Inheemse kennis wat saam met ­gevorderde navorsing en ontwikke­ling ingespan is, het die land voorts in staat gestel om 'n ­voorkomende middel teen malaria te ontwikkel wat net uit plante bestaan.

“Gegewe dié suksesse wat met min hulpbronne behaal is, twyfel ons nie dat groter beleggings­ondernemings in navorsing en ontwikkeling ons vasteland sal baat nie,” het Geingob gesê.



SPESIALE FONDS ­GESTIG WORD

Luidens Agenda 2061 streef Afrika daarna om 'n welvarende vasteland te wees, geskoei op inklusiewe groei en ­volhoubare ontwikkeling. Dit verg goed opgeleide inwoners en 'n “kundigheidsrevolusie” gegrond op weten­skap, tegnologie en innovasie, aldus Geingob.

Meer moet in Afrika se instellings vir hoër onderwys belê word. Geingob het versoek dat 'n ­spesiale fonds gestig word om onder meer ­samewerking tussen die private sektor en hoër onderwys te ­ondersteun en streeksintegrasie te verbeter.

Deur sulke strategiese vennootskappe sal Afrika die geleenthede van die vierde nywerheidsrevolusie beter kan benut.

“Ons moet dié verskynsel as die nuwe normaal aanvaar, wat ­permanente verandering in arbeidsmarkte en nywerhede sal aanvuur.”

Volgens Geingob is beter navorsing en ontwikkeling, asook ­voortdurende innovasie die enigste uitweg om groei te verseker en nywerhede uit te brei.

Soortgelyk

 

Afrika-lied kom tuis in Namib

15 ure gelede | Kuns en vermaak

Elvira Hattingh - Die Duits-Namibiese kunstenaar Max Siedentopf het wêreldwyd opslae gemaak met ‘n kunsinstallasie in die Namib wat Toto se bekende liedjie “Africa” oor...

CoW verloor ronde teen baas

15 ure gelede | Regering

Denver Kisting - Die geskorste uitvoerende hoof van die Windhoekse stadsraad (CoW), mnr. Robert Kahimise, het 'n ronde teen sy werkgewer gewen.CoW sal waarskynlik binne...

Sowat 7 000 skeepspassasiers sak op Walvis toe

15 ure gelede | Toerisme

Geskiedenis is gister gemaak toe vier groot passasierskepe in die Walvisbaai-hawe op anker gelê het en sowat 7 000 internasionale reisigers op die hawedorp toegesak...

Herstel internet, toegang tot sosiale media in Zim

15 ure gelede | Plaaslik

Ronelle Rademeyer - Om mense in Zimbabwe die gebruik van internetdienste te ontneem, is ‘n skending van hul menseregte en benadeel die ekonomie.“Ons raam die...

Weer vir 17 Januarie 2019

15 ure gelede | Weer

BINNELAND: Sonnig en bloedig warm in die ||Kharasstreek. Elders sal dit gedeeltelik bewolk en baie tot bloedig warm wees met enkele donderbuie oor die sentrale,...

Jong Namibiër maak biomediese deurbrake

15 ure gelede | Gesondheid

Denver Kisting - Sy twee jonger sibbe se worsteling as kinders met asma het ’n jong Namibiese ingenieur aangespoor om ’n toestel te ontwerp wat...

Lui-lui telefoon

15 ure gelede | Tegnologie

Telecom Namibia se landlyne in Windhoek was sedert Dinsdag buite werking. Mnr. Oiva Angula, Telecom Namibia se hoof van korporatiewe kommunikaise en openbare skakelwese, het...

Gedenkdiens gehou vir slagoffers van ongeluk

15 ure gelede | Plaaslik

’n Gedenkdiens vir ses van die sewe slagoffers wat onherkenbaar verbrand is tydens die ongeluk op 10 Augustus 2018, is Dinsdag op Otjiwarongo gehou. Die...

Meer as N$2 miljoen se stukkende verkeersligte

15 ure gelede | Regering

Die hoofstad se munisipaliteit het in 2018 meer as N$2 miljoen bestee om stukkende verkeersligte te herstel nadat dit in padongelukke beskadig is.Mnr. Harold Akwenye,...