Geld groei nie op Mei se rug nie

17 May 2018 | Maatskaplik
Mei het nie minder as vier vakansiedae nie: Werkersdag, Cassingadag, Hemelvaartdag en Afrikadag. Vir sommige Namibiërs beteken dit lekker lang naweke, maar vir ander, veral die sakegemeenskap, is dit ’n nagmerrie.

Wanneer een van dié vakansiedae op ’n Sondag val, beteken dit boonop sake kan ook nie die daaropvolgende Maandag gedoen word nie.

Dan bestaan daar ook groepe wat voorspraak maak vir nóg vakansiedae in Mei, soos dr. Sam Nujoma, Namibië se stigterspresident, se verjaardag op 12 Mei.

Die Nama-volksmoord se tegniese komitee is ook ten gunste daarvan dat 28 Mei ’n vakansiedag word ter ere van die salgoffers van die volksmoord van 1904 tot 1908.

Republikein het met plaaslike sakemense in die hoofstad gesels oor hoe die vakansiedae hul besighede raak.

Mnr. Shakil Ahmed, motoronderdelehandelaar

“Mense gaan vir ’n lang tyd met vakansie en dit benadeel nie net die besighede nie, maar ook die land se ekonomie. Die einde van die jaar is ook sleg vir die klein ondernemings in Namibië. Baie veranderinge moet in Namibië gemaak word.”

Me. Yolandi Leukes, takbestuurder by ’n teëlonderneming
“Ons is verskaffers vir die konstruksiebedryf en hulle werk meestal nie op vakansiedae nie. As hul werk stilstaan, is daar geen invloei vir ons nie. Vanjaar was stiller in vergelyking met verlede jaar. Ons voel nie rêrig die knou direk nie, die konstruksie-ouens moet hul werk klaarmaak en hulle koop gereeld.”

Mnr. Ryan Einbeck, verskaffer van nywerheidstoue
“Ons verloor baie. Ons het dan net vier dae in ’n week en ons maak nie so baie soos die groot besighede nie. Ek verstaan die Christen-vakansiedae, maar die ander verstaan ek nie. As dit die einde van die jaar is, kan ons nog in November werk vir Desember, maar in Mei is dit net goed vir die werknemer en ’n hoofpyn vir die werkgewer. As ’n besigheidseienaar hou ek nie van Mei nie, maar wat kan ek doen? Hoekom is die meeste vakansiedae in Mei?”

Me. Nadia Botha, eiendomsagent
“Dit is beslis nie ’n goeie tyd vir besigheid nie. Mei is alles dood. Almal is met vakansie, alles staan stil. Ons kan net sowel ook toemaak, want in die kompleks waar ons besigheid geleë is, is alles toe, so dit sal nie ’n verskil maak nie. Dis ’n kettingreaksie - as die ander besighede toe is, word ons ook geraak. Dit is baie sleg, die werknemers sal nie kla nie, maar die werkgewer verloor baie. Vakansiedae moenie so ophoop nie.”

Me. Rosa en mnr. Tomé Quintal, eienaars van ’n wegneemete-onderneming
“Dit is verskriklik en raak die besigheid finansieel. Dit werk glad nie mooi uit nie. Vakansiedae moenie in die week wees nie, dit sal nie ’n probleem wees as alle vakansie oor naweke val nie.”

Mnr. Paulo Texeira, bloemis
“Dit hang af watter vakansiedag dit is. Vir ons was Moedersdag goed vir die besigheid, want mens koop blomme. Sonder kliënte bestaan die besigheid nie. Die hele week was al die besighede toe, en ons, die eienaars van klein en medium ondernemings, moet elke dag oop wees.”

Me. Tylene Claassen, eienaar van ’n rekenaarherstelwerkonderneming
“Dit raak die besigheid en ons het besluit om Saterdae ook maar oop te wees, maar die kliënte is met vakansie. Tydens die week wat baie vakansiedae het, het niks aangegaan nie. Ons kan nie bekostig om so aan te gaan nie.”

Mnr. Willem Mulunga, elektriese installeerder
“As kontrakteur kan ons nie op vakansiedae werk nie. Dit is moeilik om die materiaal te kry wanneer die verskaffers toe is. Dan staan ons werk stil, geld kom nie in nie en ons word nie op tyd betaal nie. Dit rig skade aan die hele sakestelsel en so is die ekonomie ook in die gedrang.”

Soortgelyk

 

Polisie ondersoek optrede van kerk in Katutura

1 uur gelede | Polisie

Augetto Graig - Die Namibiese polisie doen tans ondersoek by die kerk van die Fountain of Living Waters Ministries in Freedomland, Katutura, waar ten minste...

Polisie ondersoek optrede van kerk in Katutura

1 uur gelede | Polisie

Augetto Graig - Die Namibiese polisie doen tans ondersoek by die kerk van die Fountain of Living Waters Ministries in Freedomland, Katutura, waar ten minste...

25 jaar, al het Zenobia berou

12 ure gelede | Howe

Ronelle Rademeyer - Met haar hande wringend op haar skoot het die 34-jarige Zenobia Seas Vrydag in hofsaal E in die hoërhof in Windhoek geluister...

Geingob dek neutrale tafel

12 ure gelede | Plaaslik

Denver Kisting – Prof. Nico Horn, ’n regsdosent en politieke onleder, sê hy is nie verras oor hoe die afgelope beraad van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap...

Mans in Windhoek doodgesteek

12 ure gelede | Misdaad

Denver Kisting Twee mans is in afsonderlike­ voorvalle die afgelope naweek in Windhoek met skerp voorwerpe dood­gesteek.Hiernaas is vier verdagtes op die toneel aangekeer toe...

Weer, Maandag 20 Augustus 2018

12 ure gelede | Weer

BINNELAND: Sonnig en matig in die Suide en sentrale gebiede. Elders sal dit sonnig en baie warm wees. Winderige toestande sal oor die binneland heers.KUS:...

Jakkals kom sy luiperd teë

12 ure gelede | Omgewing

Elvira Hattingh - Besoekers aan die Kgalagadi-oorgrenspark het onlangs die skaars voorreg gehad om te sien hoe ‘n luiperd ‘n jakkals vang en in ‘n...

NBC-werkers is steeds woedend

12 ure gelede | Arbeid

Augetto Graig Protes deur ongelukkige werknemers by Namibië se nasionale uitsaaier (NBC) duur voort.Dié groep het Donderdag weer eens voor die uitsaaier se hoofkantoorhek betoog....

Wêreld gaan Kofi mis

12 ure gelede | Mense

Denver Kisting – Pres. Hage Geingob sê die ontslape voormalige sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies (VN), mnr. Kofi Annan, het die Afrika-vasteland én die mensdom...