Geingos en sakelui verenig teen geweld
Die presidentsvrou het die #BreakFree-veldtog van stapel gestuur.
Maria Eiseb - Die presidentsvrou, me. Monica Geingos, het Woensdag by die Windhoek se sentrale gevangenis die #BreakFree-veldtog bekend gestel waartydens die private sektor se steun in die stryd teen geweld versoek is.
Volgens Geingos word die private sektor nie vir geld gevra nie.
“Al wat ons versoek, is toegang tot jul werknemers om oor die veldtog en geweld te praat,” het sy gesê.
Tydens die geleentheid het 'n slagoffer van 'n gewelddadige verhouding haar ervarings met die gehoor gedeel.
Sy het gesê sy het nie 'n tekort of geldelike probleme gehad nie, en het “baie mense geken”, tog het die stelsel haar gefaal.
Dít aangesien sy nie die nodige hulp van al die betrokke owerhede ontvang het wat sy werklik in haar oomblik van nood nodig gehad het nie.
“As ek wat in staat was en mense ken, nie hulp kon kry nie, wat van die ander wat niks het of niemand ken nie?”
Sy het gesê sy het tydens die hele ervaring van geweld en die situasie daarom, onder meer agtergekom daar is geen privaatheid by die kantore van gemeenskapwerkers nie.
“Ons het waardigheid en dinge moet privaat gedoen word.”
By dieselfde geleentheid het 'n gevangene, Victor Musweu, sy ervaringe as kind vir die gehoor vertel en waarom hy in die tronk beland het.
Musweu het gesê sy ma was 'n enkelouer en het hom alleen grootgemaak.
NIE VADERLIEFDE GEKEN
“Ek het nie vaderliefde geken nie. Ook nie van my peetpa nie. Ek het nie geweet wat 'n vrou is of hoe om 'n vrou te behandel nie.”
Hy het voorts gesê hy ly aan 'n minderwaardigheidskompleks en was ook baie jaloers.
Musweu het ná sy troue op 'n dag, sy vrou met 'n ander man in die bed betrap.
“Ek was woedend en het hulle met 'n mes aangeval. Die man het weggehardloop, maar ek het my vrou gesteek en sy is op pad na die hospitaal dood. Tot vandag toe is ek nie trots op wat ek gedoen het nie. Ek is 25 jaar tronkstraf opgelê en het al 10 jaar gesit. Vir die res van my lewe sal ek die vroulike geslag van Namibië om verskoning vra,” het hy gesê.
“Me. Monica Geingos, ek sal vir ewig skuldig wees oor dit wat ek gedoen het. Ek belowe, as ek eendag vrygelaat word, sal ek 'n lid wees van een van die groepe teen geweld, veral in die streek van waar ek kom. Ek sal die mense help onderrig oor geweld en die gevolge daarvan,” het Musweu gesê.
Geingos het gesê mense moenie dink dit is alleenlik drank en dwelms wat geweld veroorsaak nie.
“Dit is 'n gemeenskaplike probleem.”
Volgens Geingos is die meeste oortreders jong seuns wat in die skool moet wees.
“Waar kom al die probleme vandaan? Daar word nie 'n oplossing vir die probleme in die gemeenskap gevind nie; alles word gepolitiseer. Ons móét verstandig wees,” het sy gesê.
“Ná al die duur byeenkomste waarop die regering baie geld spandeer, is daar steeds nie oplossings vir die probleme nie.”
Geingos het voorts gesê sy wil nie stereotipeer nie, maar die meeste van die straatkinders is Damara/Nama-sprekend en dit is die meerderheid mense wat tans vir grond baklei.
SOSIALE GEREGTIGHEID
“Laat ons nie in die pad staan van die mense wat vir sosiale geregtigheid veg nie.”
Volgens die presidentsvrou word kinders van ouers in die Noorde na die plase toe gevat om gedissiplineer te word, maar die kinders van diegene wat nie grond het nie, eindig op straat.
“Die gemeenskap het 'n probleem en ons almal is deel daarvan. Ons moet mekaar help en die probleme takel. Daar is baie wette, maar dit word nie afgedwing nie, en dít eis talle lewens.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie