Geingos belowe boedel aan weerloses
Geingos belowe boedel aan weerloses

Geingos belowe boedel aan weerloses

Maria Eiseb
Maria Eiseb - Die presidentsvrou, me. Monica Geingos, het onlangs in die hoofstad gesê sy bemaak die helfte van haar boedel aan die One Economy Foundation wanneer sy te sterwe sou kom.

Dít tydens ’n geleentheid waar die Chinese besigheidsgemeenskap sowat N$600 000 aan die One Economy Foundation geskenk het.

Volgens Geingos sal sy 50% van haar boedel aan die weerloses gee. Indien haar kinders klaar is met hul universiteitsopleiding en hulself kan onderhou, sal sy 100% van haar boedel aan dié stigting bemaak.

Geingos het gesê die organisasies is nie vir selfverrryking gestig nie.

Sy het bygevoeg 98% van die stigting se inkomste gaan aan die begunstigdes daarvan.

Sy het gesê vroue wat klein en medium ondernemings besit kan aansoek doen vir lenings by die stigting - sónder sekuriteit.

Geingos het verduidelik as ’n lening aan iemand toegestaan is, is daar ’n periode van ses maande waarin geen terugbetalings vereis word nie.

“Ons wil die mense ’n beter kans op opvoeding en toegang tot kapitaal bied,” het sy gesê.

Geingos het gesê hulle is ook tegemoetkomend teenoor jongmense wat vir lenings wil aansoek doen.

"Ons sal 5% hef, en indien jy suksesvol is, kry jy 2% van die rente wat gehef is, terug. Ons sal mense slegs help as ons seker is dit gaan hulle help om uit armoede te ontsnap,” het sy gesê.

Aansoekers sal egter moet bewys hulle kon nêrens anders lenings kry nie, voor dit aan hulle toegestaan sal word.

Tans word 25 kinders deur die stigting ondersteun, en Geingos wil elk aan ’n mediese fonds laat behoort.

"Dit alles sal my sowat 10 miljoen kos, maar gee ons kans," het sy gesê.

Tydens die oorhandiging het die adjunkpresident van First Wall Commercial Development, me. Stina Wu, gesê die Chinese gemeenskap ploeg graag terug in Namibië, en dat hulle net liefde vir die vriendelike mense van die land het.

Die verteenwoordiger van die Chinese ambassade, mnr. Li Nan, het by dieselfde geleentheid gesê die skenking verteenwoordig die vriendskap tussen die Chinese en Namibiese gemeenskappe.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!